AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Gewilde Hilux verbeterToyota het 'n aantal spesifikasieverbeterings aan die gewilde Hilux-bakkiemodelreeks aangekondig. Die verbeterings weerspieël Toyota se verbintenis tot die voortgesette verfyning van sy produkte, in ooreenstemming met die maatskappy se Kaizen-filosofie (voortgesette verbetering). Die vlagskip-Hilux Raider-modelle word verfris met 'n volle chroom-sierrooster en -voorbuffer. Op die Raider-dubbelkajuitmodelle word die "Toyota"-plakker vervang met 'n chroomwapentjie (hierdie verandering geld ook vir die SRX-dubbelkajuit). Die Raider-dubbelkajuite kry ook eendruk-op/af-verstelling (met 'n veiligheidsmeganisme) vir die elektriese ruite. Die veiligheidsaspekte van die Hilux SRX-modelle is verbeter met ABS-remme en lugsakke vir die bestuurder en die voorste passasier. Die SRX spog nou ook met sentrale sluiting. Vir die basiese Hilux-modelle is lugreëling nou beskikbaar as 'n fabrieksopsie. Die Toyota Hilux is Suid-Afrika se gewildste eenton-bakkie en is gereeld onder die eerste drie maandelikse top-verkopers in die land, passasiersmotors ingesluit. Die aanduidinge is dat meer as 36 000 Hilux-bakkies vanjaar verkoop sal word. Die Hilux is ook Suid-Afrika se top-uitvoervoertuig. Linker- en regterstuurmodelle word hiervandaan na markte in Afrika en Europa uitgevoer. |
B D E F G H I K L M N O P R |