Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Honda Accord: Kragtig en gevorderd

Die nuwe Honda Accord is met 'n keuse van twee, gevorderde viersilinderenjins toegerus, wat albei met Honda se i-VTEC elektronies-verstelbare kleptydreëlstelsel toegerus is, en ook met 'n rits tegniese verbeterings spog.

Die kragbronne het 'n inhoud van 2,0- en 2,4 liter onderskeidelik, en lewer meer krag as die eenhede wat hulle vervang, terwyl uitlaatgasvlakke verlaag en doeltreffendheid verbeter is.

Albei enjins kan aan 'n sesgang-handratkas of 'n outomatiese vyfgangratkas gekoppel word. Weergawes met laasgenoemde ratkas word met wisselspane op die stuurkolom toegerus.

Die i-VTEC-eenheid van twee liter het 'n maksimum-kraglewering van 115 kW by 6 300 r/min, terwyl die gepaardgaande wringkragpiek van 192 Nm by 4 300 r/min bereik word. Die brandstofverbruik in die gekombineerde siklus is 'n indrukwekkende 7,2 liter/100 km.

Onder die belangrikste tegnologieverbeterings tel die groter inlaatkleppe en die geoptimeerde kleptydreëling, asook die verhoogde vloeivolumes van die inlaat- en uitlaatkleppe. Die enjin maak nou van 'n enkele bonokas gebruik, wat doeltreffendheid, rekbaarheid en skoner uitlaatgasse baat.

Die enjin van 2,4 liter is aansienlik kragtiger as sy voorganger, en lewer nou 148 kW by 7 000 r/min, met 'n maksimum-wringkragsyfer van 234 Nm by 4 500 r/min.

Nogtans kom die brandstofverbruiksyfer steeds op net 8,8 liter/100 km vir die gekombineerde siklus te staan.

Die kragbron is ingrypend verbeter, met 'n drukverhouding wat van 10,5:1 tot 11,0:1 verhoog is, tesame met groter kleppe, hersiene kleptydreëling en 'n vermindering in die druk van die uitlaatstelsel.

Die kleptydreëling is verbeter, terwyl 'n elektroniese, koppellose versneller nou die skakeling tussen die onderskeie nokverstellings vir hoë verrigting en ekonomie meer noukeurig balanseer, en ook seepglad en blitsig op pedaalinsette van die bestuurder reageer.

Wanneer die enjin saam met die outomatiese ratkas en togsnelheidsbeheer ingespan word, verbeter die noukeurigheid van hierdie stelsels ook. Die enjinbeheerstelsel beheer dan die versneller wanneer daar op- of afgerat word, wat vinniger, gladder ratwisselings tot gevolg het.

Albei enjins maak gebruik van die Honda i-VTEC-stelsel wat die klephoogte en die tydsduur van die klepopening kan verstel.

Dit laat toe dat die enjin meer wringkrag by lae enjintoere lewer om vir beter reaksies en verbysteekvermoë te sorg, maar by hoër enjinsnelhede die kraglewering prioritiseer vir die beste werkverrigting moontlik.

RATKASTE
Die nuwe Accord se twee enjinkeuses kan in albei gevalle met òf 'n sesgang-handratkas, òf 'n outomatiese vyfgangratkas, toegerus word.

Die sesgangratkas bied 'n geoptimeerde stel ratverhoudings, wat 'n uitstekende kombinasie van ekonomiese werking, ooppad-verrigting en ratse reaksies bied. Die skakelaksie is kort en vinnig, wat 'n laer skakellas verg en vir uiters noukeurige ratwisselings sorg.

Maar die werklike uitblinker is die outomatiese vyfgangratkas. Dié ratkas bied 'n breë ratverhoudingstrek om die beste versnelling moontlik te bewerkstellig, en nog steeds uitstekende brandstofdoeltreffendheid teen togsnelhede te bied. Daarbenewens is die ratkas ook besonder maklik om te gebruik.

'n Eenvoudige, langwerpige skakelhek bied 'n keuse tussen 'D' (vir 'Drive') en 'S' (vir Sekwensiële skakeling). In die 'D'-modus werk die ratkas nes 'n gewone outomatiese ratkas. Wanneer die rathefboom in die 'S'-posisie geplaas word, gebruik die ratkas meer sportiewe ratwisselpunte en word die enjin se remwerking ook meer positief ingespan.

Die wisselspane kan ook in die 'D'-modus benut word, maar wanneer die spane nie voortdurend gebruik word nie, keer die ratkas weer van self na sy outomatiese ratskakeling terug.

Ongeag die verstelling wat gekies word, skakel die ratkas outomaties terug na eerste rat wanneer daar stilgehou word. Die posisie van die rathefboom word in die gesig van die toereteller vertoon. In die 'S'-modus is dit die gekose ratnommer wat gewys word.

Die ratkas spog met twee gevorderde stelsels: hellingbegriphulp en ratwisselperkbeheer. Albei is daarop gemik om te keer dat die ratkas gedurig na die mees gepaste ratverhouding soek, of onnodig ratte wissel.

Hellingbegriphulp verander die ratskakelprogram wanneer daar teen steiltes op of by afdraandes afgery word. Dit verminder die getal ratwisselings, en verbeter ook beheer oor die voertuigsnelheid. Die versnellerposisie, snelheid, en toename of vermindering in snelheid van die voertuig word voordurend gemeet, en dan vergelyk met 'n skakelpatroon wat in die beheereenheid van die ratkas gebêre is.

Hellingbegriphulp bevestig eers of die motor op 'n helling is. Indien dit wel die geval is, word die ratwisselprogram aangepas om die ratkas teen steiltes langer in 'n laer rat te hou, om so beter klimkrag te bied, of by afdraandes meer enjinremkrag beskikbaar te stel.

Ratwisselperkbeheer hou die ratkas in 'n laer rat wanneer die bestuurder die versneller vinnig laat los, soos net voor daar gerem en dan gedraai word. Dit hou die enjin binne sy kragleweringstrek, en sorg dat die motor sy momentum en sy houding behou.

DIE ONDERSTEL
Die Accord se tradisionele sprankelverrigting en sy omvattende bestuurservaring beteken dat die jongste weergawe se onderstel steeds die klem op ryplesier laat val, maar sonder om die gerief van insittendes te benadeel.

Die onafhanklike dubbelmikvering voor is splinternuut, en is daarop gemik om puik padgedrag by hoë snelhede te verseker, en terselfdertyd hoë vlakke van verfyning en gerief te bied. Die onafhanklike meerskakelvering agter het 'n afsonderlike subraam wat padgeraas isoleer, en ook bakrol teenwerk.

Groter veerbusse voor en agter help die nuwe Accord om sy legendariese vasvoetigheid op selfs die ongelykste padoppervlaktes te behou.

Die veringstelsel trek ook voordeel uit die nuwe Accord se uiters stywe bakstruktuur. Gemeet aan die vorige model, het die nuwe Accord se wringstyfheid met 20 persent toegeneem, terwyl die motor agter 30 persent vertikaal stywer, en voor 36 persent horisontaal stywer is.

Hierdie maatreëls, tesame met 'n laer swaartepunt en 'n verbeterde rolmiddelpunt, verseker dat die Accord draaie met selfs groter vertroue - en met minder bakrol - as tevore aanpak. 'n Kleiner draaisirkel baat ook maneuvreerbaarheid by lae snelhede.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner