Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Honda Accord: Agt geslagte van uitnemendheid

Toe die eerste Honda met 'n Accord-naamwapen meer as 30 jaar gelede sy wêreldbuiging gemaak het, het die motor onmiddellik 'n reputasie vir ruimte, bestuursgerief en styl opgebou het wat vandag nog hierdie immergewilde, swierige passasiermotor geld.

Selfs drie dekades gelede, toe die wêreld in 'n oliekrisis gedompel was, was die Accord se sleutelwaardes van uitsonderllike doeltreffendheid en 'n lang bedryfslewe deurslaggewend in sy aanvanklike en voortgesette welslae. Vandag is daardie waardes nog belangriker as ooit vantevore.

Die eerste-geslag Honda Accord het in 1976 sy debuut gemaak. Die doelwit van daardie eerste weergawe se ontwerpspan was om 'n motor te skep wat 'n werklike sameklank tussen die motor en sy gebruikers sou versinnebeeld. Die Accord het sedertdien 'n kernmodel in die Honda- passasiermotorreeks geword, met 'n ontwikkelingsverloop wat Honda se eie geskiedenis as motorvervaardiger versinnebeeld.

Die Accord is ook Honda se besverkopende motor ooit, met 'n kumulatiewe verkoopsyfer van meer as 16 miljoen-eenhede, wat oor agt geslagte van uitnemendheid strek. Sy daadwerklike, wêreldwye welslae word beklemtoon deur die feit dat die Accord deesdae in meer as 140 lande te koop is.

A sleutelfaktor in die Accord se sukses is Honda se vermoë om die Accord vir verskillende markomstandighede aan te pas. Die Accord wat byvoorbeeld in die VSA vervaardig en verkoop word, is spesifiek vir die Amerikaanse mark ontwikkel - een van die hoofredes hoekom dié motor sowat 20 jaar agtereenvolgens aan die bopunt van sy marksektor gestaan het.

Die Accord is ook al lank Honda se tegnologie-voorloper, met 'n lang lys nuwighede en verbeteringe wat sy se ontwikkelingsgeskiedenis deurspek. Daarbenewens het 'n voorgesette fokus op gehalte ook die Accord se naam in die weeldesektor uitgebou.

Vandag is die agtste-geslag Honda Accord sonder twyfel 'n swierige, topklas-passasiermotor wat 'n onwrikbare vermenging van weelde, styl, tegnologie en werkverrigting bied.

In 1976 was die eerste Accord aanvanklik 'n luikrugmotor met 'n enjin van 1,6 liter. 'n Sedanweergawe is 'n jaar later by die reeks gevoeg. Maar selfs destyds het die Accord reeds met vernuftige kenmerke soos die outomatiese Hondamatic-ratkas gespog, asook snelheidsensitiewe kragstuur en Honda se doeltreffende, sogenaamde CVCC-enjin, wat 'n bykomende inlaatklep benut het om beter ontbranding te bewerkstellig.

Die eerste Accord was onmiddellik gewild, en het 'n hele rits Motor van die Jaar-toekennings verwerf, onder meer in Australië en die VSA.

Besonderse gehalte was die sleuteltema wat die tweede-geslag Accord se ontwikkeling en vervaardiging gekenmerk het. Die motor het in 1981 sy buiging gemaak, en was ook die eerste Accord wat in die VSA vervaardig is.

Dié Accord was onmiddellik Japan se topverkoper, maar het ook in Europa sy slag gewys, waar die sedan as die voorste Japanse motor in die Europese Motor van die Jaar-wedstryd aangewys is.

Onder die belangrikste kenmerke van dié Accord was togsnelheidsbeheer, selfverstellende vering, ABS-sluitweerremme en elektronies beheerde brandstofinspuiting - tegnologieë wat destyds ongehoord in dié sektor was.

Vier jaar later was dit die beurt van die derde Accord-geslag, en dié reeks het 'n groot sprong op stileringsvlak gemaak, met 'n slanke, lugdinamiese voorkoms wat kenmerkend van Honda se ontwerprigting sou word.

Die motor, met sy ruim kajuit en aantreklike, sportiewe silhoeët, is in beide 1985 en 1986 as Japan se Motor van die Jaar bekroon, maar het ook meer as enige vorige Accord in die smaak van Europese kopers geval. 'n Sogenaamde 'Aerodeck'-weergawe is juis daarom spesifiek vir die Europese mark ontwikkel.

Soos altyd het die derde-geslag Accord ook met 'n hele klomp nuwe kenmerke gespog. Daaronder het die motor se wegvou-kopligte getel, asook enjins met dubbele bonokaste, dubbelmikvering voor en agter, en digitaal-beheerde ABS-sluitweerremme met remskywe op al vier wiele.

Die Accord se tipiese vierjaar-ontwikkelingsiklus het gesorg dat die vierde geslag van dié motorreeks in 1989 verskyn het, met 'n bakvorm wat nog gladder en meer vaartbelyn as die vorige weergawe was.

Dit het ook Honda se klem op die belangrikheid van die insittendes versinnebeeld deur veiligheid onder die kollig te plaas. Dié weergawe was die eerste Accord wat met 'n bestuurder-lugsak toegerus was.

In 1993 was dit die beurt van die vyfde-geslag Accord, met veiligheid, laer uitlaatgasse en omgewingsbewustheid as hooftemas. Die enjins van 2,2 liter wat deur dié modelreeks ingespan is, is met Honda se VTEC veranderbare kleptydreëlingstelsel toegerus, terwyl twee lugsakke en 'n glipbeheerstelsel standaardtoerusting was.

Honda se toenemend globale invloed is deur die sesde Accord-geslag versinnebeeld, wat die eerste keer van 'n aanpasbare platform gebruik gemaak het om so die motor vir spesifieke markomstandighede te kan aanpas.

Dié modelreeks is in 1997 bekendgestel, en het met 'n uitgebreide reeks VTEC-kragbronne gespog, asook 'n klomp nuwe kenmerke, waaronder elektriese kragstuur, stabiliteitshulp, 'n outomatiese viergangratkas met handwisseling, en 'n meerskakel-mikveerstelsel agter.

Die mees onlangse Accord-model is ook die een waarmee Suid-Afrikaners reeds vertroud is, aangesien dit die eerste Accord was wat in SA bekendgestel is. Dié motor het die sewende Accord-geslag verteenwoordig en het in 2002 sy wêreldbuiging gemaak met die doelwit om 'n nuwe maatstaf vir mediumgrootte-motors te stel.

Sy skerp afgemete lyne, met meer as 'n tikkie Europese invloed, bly vandag nog aantreklik, terwyl die algehele uitvoering van die motor wat ruimte, weelde en veiligheid betref, inderdaad nuwe standaarde vir die Accord-naamwapen gestel het.

Die debuut van Accord Nommer Sewe het ook met die bekendstelling van 'n nuwe enjinreeks gepaard gegaan. Die kragbronne van 2,0 en 2,4 liter is met die jongste, 'intelligente' elektronies-veranderbare kleptydreëling toegerus, asook met gevorderde kenmerke soos 'n elektroniese, koppellose versneller, 'n verfynde outomatiese vyfgang-ratkas, en glip- en stabiliteitshulp met slingerbeheer.

Ses jaar later het die tyd nou aangebreek om die nuwe, agtste Honda Accord-geslag plaaslik te verwelkom. Die nuweling se groter, laer en wyer voorkoms trek nog meer aandag as vantevore, terwyl tasbare gehalte en 'n volledige stel toerusting die Accord tot die weeldeklas verhef.

Drie dekades nadat die eerste Accord sy buiging gemaak het, is die nuwe Honda Accord nie net onmiskenbaar swierig en onbetwisbaar begeerlik nie, maar ook Honda se aangrypendste verwesenliking van die moderne weeldemotorkuns ooit.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner