Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Honda Accord: Swierig en begeerlik

Die nuwe Honda Accord versinnebeeld 'n vars, skoon en swierige ontwerprigting wat dié weeldesedan se dinamiese karakter en luukse status onderstreep.

Hoewel sy vorm aan die tradisionele sedansilhoeët getrou bly, spreek die Accord van 'n nuwe opwinding en dinamiek. Die aanvanklike ontwerpvoorstel het die estetiese behoeftes van beide Europese en internasionale markte in ag geneem, en die eindproduk verteen-woordig 'n wêreldperspektief wat in Honda se ontwerpateljees in Duitsland, Japan en die VSA verfyn is.

Gemeet aan die vorige model is die nuwe Accord langer, wyer, laer en meer sportief, met 'n skoon vorm wat die motor se lugdinamiese ontwerp benadruk.

Maar terwyl die nuweling groter is, is die wringstyfheid, vergeleke met die vorige model, met 20 persent verbeter. Die Accord se gevorderde bakkonstruksie is 42 persent van ultra-hoësterkte staal gemaak - meer as enige vorige Accord-model. Dit het Honda se ingenieurs in staat gestel om die toename in die Accord se massa tot net 5 persent te beperk, ondanks sy groter afmetings, stywer onderstel en sy bykomende kenmerke.

Die vooraansig word oorheers deur 'n sterk uitbeelding van die Accord se kenmerkende trapesoïdale sierrooster. Die breër, verchroomde dwarssparre en die groter luginlaat beteken dat die Accord nie maklik misken gaan word nie. Meervormige kopligte en 'n dieper, laaggeplaaste luginlaat dra verder tot die Accord se doelgerigte aansig by.

Van die kant beskou, sorg die beklemtoonde wielboë en die wigvormige skouerlyn vir 'n gespierde voorkoms wat die Accord se indrukwekkende teenwoordigheid verder versterk. Die skerp hoek van die voorruit, die hoë agterstewe met sy geïntegreerde drukvlerk en die skoon, gladde bakoppervlaktes dra almal tot die Accord se lugdinamiese profiel by.

Die aërodinamiese tema is belangrik, omdat dit 'n groot bydrae lewer tot die lae geraasvlakke binne in die motor, terwyl dit ook brandstofverbruik verminder en die algehele stabiliteit verhoog. Die nuwe Accord is nie net aantreklik nie: die skoon profiel sorg ook dat lug doeltreffend oor, om en onder die motor vloei.

Die groter afmetings van die Accord het 'n aansienlik groter binneruim tot gevolg. Die nuwe Honda se asafstand van 2 705 mm is 35 mm langer as vantevore, terwyl die bakwydte van 1 840 mm ook 80 mm breër as voorheen is. Die bykomende wydte het toegelaat dat die spoorwydte voor en agter met 75 mm verbreed kon word, wat stabiliteit en hantering baat.

Die groot allooiwiele en gepaardgaande breë bande help ook om die Accord se dinamiese talente ten volle te benut, en vul die beklemtoonde wielboë behoorlik. Agter is dit die skerp hoeke van die agterligte wat 'n sterk visuele aksent skep teen die geronde kontoere van die geïntegreerde stamper en die laaggeplaaste skutpaneel.

Die fyn paslyne van die bakpanele en die gladde oppervlaktes spreek ook van die sterk klem wat op die Accord se gehalte geplaas is. Gehalte is ook een van die hoofindrukke wat deur die Honda se groot, ruim en volledig toegeruste binneruim geskep word.

Wat uitleg, toerustingvlakke en materiaalgehalte betref, verteenwoordig dié binneruim 'n reuse stap vorentoe. Dit bied 'n omgewing wat van swier, weelde en gerief spreek. Die kajuit is ook merkbaar stiller, danksy 'n aansienlike vermindering van geraas, vibrasie en hardheid (GVH), en meer doeltreffende geraasisolasie.

Die instrumentepaneel plaas die klem op die bestuurder deur die belangrikste kontroles binne maklike bereik te plaas, terwyl die ronde instrumente in die regstreekse siglyn van die bestuurder geplaas is. Die sportiewe instrumente is met rooi- en blou beligting toegerus, terwyl die instrumentnaalde lyk asof hulle oor die instrumentgesigte gly.

Die ritrekenaar se LCD-uitleespaneel bied inligting oor voertuig- en ritafstand, onmiddellike en gemiddelde brandstofverbruik, reikafstand, gemiddelde snelheid, rittyd en die buite-temperatuur, asook die status van die sitplekgordels voor en agter.

Gehalte is 'n tasbare element wat bevestig word deur die sagte binne-oppervlaktes, die weelderige leerbekleedsel, en die glansmetaal van die kontrasterende afwerkings. Die skakelaars en kontroles werk met 'n soliede, noukeurige aksie, wat verder tot die indruk van gehalte bydra.

Die voorste sitplekke is besonder aantreklik. Hulle is vir beide ondersteuning en gerief gevorm, met benadrukte sykussings wat bykomende steun bied. Albei sitplekke bied volledige elektriese verstelling.

Saam met die stuurwiel wat in alle rigtings verstelbaar is, bied dit 'n ergonomies volmaakte en uiters gerieflike bestuursposisie.

Die ruimte binne het beslis by die Accord se groter buite-afmetings gebaat, met die gevolg dat beenruimte agter, asook die skouerruimte voor en agter, aansienlik toegeneem het.

Die bagasieruim het ook saam met die Accord gegroei, en bied nou ruimskootse pakplek van 467 liter (volgens die VDA-maatstaf), wat die Honda die klasleier op dié gebied maak. Die laaiopening is boonop 80 mm laer om laaiwerk te vergemaklik.

Met sy gladde, lugdinamiese ontwerp, atletiese teenwoordigheid en ruim, gehaltegerigte kajuit, is die nuwe Honda Accord sonder twyfel 'n weeldesedan wat swier, gehalte en gerief oortuigend versinnebeeld.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner