AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Beperkte Fireblade reeksHonda se splinternuwe 2008 CBR1000RR Fireblade het die superfiets-arena behoorlik stormgeloop. Ondanks moeilike markomstandighede, wat onder meer deur die verswakking van die rand en hoër rentekoerse veroorsaak is, het die vaartbelynde, supervinnige Honda nogtans die superfiets-sektor oorheers sedert die tweewieler in Februarie sy verskyning op Suid-Afrikaanse paaie gemaak het. Dit behoort egter vir niemand 'n verrassing te wees nie in 'n superfietsmark waar die Fireblade tradisioneel koning kraai. Die jongste CBR1000RR is nie net heeltemal nuut vir die 2008-modeljaar nie, maar is ook slanker, ligter en vinniger as ooit tevore. Danksy die allerjongste, renverwante tegnologie is dié spogfiets is boonop Honda se gevorderdste motorfiets ooit. Daarmee gepaard gaan 'n windkulontwerp wat nie net aandag trek nie, maar ook lugdinamies doeltreffend is. Saam sorg dié kenmerke vir 'n pasaangee-superfiets wat reeds die maatstaf in die eenliterklas stel. Om die jongste Fireblade se vroeë welslae te vier, het Honda Suid-Afrika besluit om 'n beperkte reeks CBR1000RR Fireblades met 'n kleurskema beskikbaar te stel wat beslis sal aandag trek. Die skema staan as 'Pearl Sunbeam White' bekend. "Die getal Fireblades met dié besonderse kleur word tot net 50 beperk en vier die ontsaglik positiewe reaksie wat ons jongste superfiets van die SA-motorfietspubliek ontvang het," sê Graham Eagle, algemene bestuurder van Verkope en Bemarking by Honda SA. "Die Fireblade het nog altyd as die maatstaf vir andere gedien, en dit geld ook hierdie jongste 2008-weergawe. Dit is egter tog bemoedigend dat die reaksie op die motorfiets sedert dit in Februarie bekendgestel is, so oorweldigend positief is." Die 2008 Fireblade trek voordeel uit 'n uiters kompakte raam en die gebruik van liggewig-komponente, asook vernuftige nuwighede soos die ondergemonteerde uitlaatstelsel en die hulpglipkoppelaar. Die sterk en unieke ontwerp is die regstreekse gevolg van ingenieursvernuf en 'n funksiebepalende ontwerpbenadering. Elke kritieke onderdeel is noukeurig in nagegaan en herontwerp om nie net gewig te bespaar nie, maar ook sterker en meer doeltreffend te wees. Die gevolg is 'n kompakte liggewig met 'n massagesentreerde ontwerp wat die toekoms van die superfietsmark verwesenlik. 'n Internasionale span ontwikkelingsingenieurs het die klem van meet af aan geplaas op die skep van 'n ligter, skerper en meer doelgerigte superfiets wat nie net as 'n blitsige renmasjien op die baan uitblink nie, maar ook as 'n sportfiets onder die mees veeleisende padryers vertroue sal inboesem. Die sleutel tot die 2008 CBR1000RR se maatstafbepalende verrigting is sy uitstekende krag-tot-massa-verhouding - tradisioneel 'n kenmerk van die Fireblade se DNA. Die splinternuwe enjin van 999cc lewer aansienlik meer krag oor 'n breër toerestrek, terwyl die algehele massavermindering van die belangrikste interne onderdele vir indrukwekkende reaksies en puik versnelling sorg. Die drukverhouding van die kragbron beloop 12,3:1, en dit het 'n maksimum-kraglewering van 130,7 kW (178 remperdekrag), terwyl die wringkragpiek van 113,8 Nm by 8 500 r/min bereik word. Die 2008 Honda CBR1000RR Fireblade is met 'n nuwe glipkoppelaar toegerus wat deur Honda self ontwerp is, en die beperkinge van bestaande weergawes grondig aanspreek. Die nuwe stelsel staan as die Honda Assist Slipper Clutch bekend, en beperk die tydperk wat die koppelaar ontkoppel is, terwyl die veerdruk ook aansienlik verminder word. Die nuwe stelsel bied meer remkrag en gladder beheer in en deur draaie. Die koppelaar word ook vinniger en meer positief herkoppel, terwyl die koppelaar-aksie onder alle omstandighede - ongeag op die baan of op die pad - ligter en makliker is. Die onderliggende temas van verminderde gewig, massa-sentralisasie en groter doeltreffendheid het ook betrekking op die onderstel van die 2008 CBR1000RR Fireblade. Die vernuftige raam van gegote aluminium is ontwerp vir balans, lae massa en styfheid, en help om die ligging van die motorfiets se belangrikste komponente te sentreer. Dit het op sy beurt ligter hantering en vinniger reaksies op die insette van die ryer tot gevolg. Hoewel die nuwe raam amper 2,5 kg ligter is, is dit ook aansienlik sterker as tevore. Die stewige HMAS-voorvurk van 43 mm is grotendeels onveranderd na die nuwe fiets oorgedra, terwyl die Unit Pro-Link-agtervering ook weer ingespan is. 'n Aantal klein veranderinge is wel aangebring om die veringstelsel volmaak by die nuwe ontwerp te laat inskakel. Die nuwe 'Pearl Sunbeam'-wit kleurskema (saam met 'Graphite'-swart) gaan sorg dat dié 50 beperkte-getal Fireblades die koppe nog vinniger as ooit gaan laat draai. Tog is die Honda-superfietsvlagskip steeds ook in die gewone standaard-kleurskemas beskikbaar. Hulle is: Die standaardmodel en die spesiale, beperkte-getal weergawes word teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van R119 999 verkoop, en is by alle gemagtigde Honda-motorfietshandelaars landwyd beskikbaar. |
B D E F G H I K L M N O P R |