AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Honda Cub nou op 60-miljoenHonda se ikoniese Cub-motorfiets, wat al van 1958 in voortgesette produksie is, het pas die 60 miljoen-produksiekerf bereik. Dit beteken dat die Cub nou een van die suksesvolste tweewielers van alle tye is. Die Honda C100 Super Cub het in 1958 sy buiging in Japan gemaak, en het sedertdien die gekose pendelvoertuig en sakefiets vir miljoene gebruikers węreldwyd geword. Dit word vandag in 160 lande verkoop, en vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Vernuf het nog altyd 'n sleutelrol in die Honda Cub-verhaal gespeel. Toe dit aanvanklik bekend gestel is, was tweeslagenjins die motorfietsnorm. Desondanks het die eerste-geslag C100 Super Cub met 'n hoëverrigting-vierslagkragbron van 50 cc gespog, en kon dit sodoende ekonomie en duursaamheid uit die boonste rakke bied. Onder die motorfiets se ander tegniese hoogtepunte was die pas van 'n sentrifugale koppelaar, wat die gebruik van die koppelaar vir ratskakelings onnodig gemaak het. Dit was daarom makliker om die Super Cub baas te raak. Die Super Cub was ook nie net op tegniese vlak voor sy tyd nie. Sy deurstap-ontwerp het eweneens vernuftige denke weerspieël. Die oorspronklike ontwerp het van 'n laevloer-rugraam gebruik gemaak wat dit baie maklik gemaak het om op en af te klim, terwyl die geďntegreerde beenskut van plastiek en die groot modderskerms ook uitsonderlike beskerming vir die ryer kon bied. Hierdie ontwerpelemente was so suksesvol en so gewild dat hulle sedertdien op alle opeenvolgende geslagte van die Cub behoue gebly het, en selfs vandag nog 'n kenmerk van die jongste weergawes is. Trouens, die kernkonsep en ontwerpbeginsels van die Cub het die afgelope halfeeu skaars verander. Veelsydigheid is nog 'n konstante kenmerk van die Honda Cub. Spesiale weergawes is gedurig deur Honda ontwikkel om unieke marktoestande buite Japan aan te spreek, en so aan die behoeftes van kopers in ander lande te voorsien. Die Cub erken ook die noodsaaklikheid van voortgesette ontwikkeling as gevolg van buitefaktore soos aardbolverhitting, met gepaardgaande behoeftes soos die besparing van hulpbronne, en die vermindering van omgewingsonvriendelike uitlaatgasse soos koolsuurgas. Sedert 2007 word die Super Cub met elektronies beheerde brandstofinspuiting toegerus, wat nie net uitlaatgasvlakke verminder het nie, maar terselfdertyd verrigting en brandstofverbruik verbeter het. Hoewel die Super Cub aanvanklik vir die Japanse mark ontwikkel is, het dit sommer gou 'n gewilde Honda-uitvoerproduk geword. In 1959 het die VSA die eerste land buite Japan geword waar die Super Cub te koop aangebied is. Twee jaar later was dit Taiwan se beurt. Omdat Honda glo dat sy produkte waar moontlik binne maklike bereik van sy klante vervaardig moet word, het produksie van die Super Cub vinnig na ander lande uitgebrei. Vandag word dié legendariese tweewieler in 15 verskillende lande vervaardig. |
B D E F G H I K L M N O P R |