Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Honda eko-uitdaging

'n Drietal Honda Civic 5-Deur 2.2 i-CTDi luikugmotors, asook drie Honda CR-V 2.2 i-CTDi 4x4-sportnutsvoertuie, het hul brandstofdoeltreffendheid onomwonde bewys deur van Johannesburg tot in Beaufort-Wes te ry - op 'n enkele tenk diesel.

Die Honda 1000 Eko-Uitdaging is deur Honda Suid-Afrika gereël ter ondersteuning van die Make Cars Green-inisiatief - 'n veldtog wat deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA) en Bridgestone van stapel gestuur is, en wat plaaslik deur die Automobiel-Assosiasie van SA ondersteun word.

"Die Make Cars Green-inisiatief is daarop gemik om omgewingsbewuste bestuurstegnieke te bevorder, en benadruk dat deurdagte motorry 'n merkbaar positiewe invloed op die koolstof-stempel van 'n voertuig kan hê," sê Graham Eagle, Algemene Bestuurder van Verkope en Bemarking by Honda SA.

"Ons weet reeds dat ons turbodiesel-aangedrewe Civic 5-Deur en CR-V-modelle van die allerjongste tegnologie gebruik maak om uiters doeltreffende bedryf te kan word. Ons wou dit egter op 'n meer praktiese vlak bewys, en terselfdertyd ook die aandag van motorryers op die beginsels van die Make Cars Green-veldtog vestig."

Drie Honda Civic 5-Deur 2.2 i-CTDi-luikrugmotors en drie Honda CR-V 2.2 i-CTDi SNVs het Johannesburg douvoordag verlaat, met lede van die motormedia, Honda-personeel en verteenwoordigers van die AA en Bridgestone-bande agter die stuur.

Al ses voertuie het Beaufort-Wes, presies 939 km van Johannesburg, bereik sonder om te hervul, terwyl die Civics nog verder gevorder het en 'n volle 1 000 km op 'n enkele tenk diesel kon aflê.

Die gekombineerde gemiddelde brandstofverbruik van die drie Honda Civics was 5,08 liter/100 km, terwyl die beste van die drietal met 'n indrukwekkende verbruiksyfer van 4,83 liter/100 km kon spog. Die gemiddelde snelheid van die drie luikrûe was 'n aks meer as 100 km/h.

Die groter, swaarder, vierwielaangedrewe CR-Vs het 'n gekombineerde verbruiksyfer van 6,12 liter/100 km behaal. Die beste presteerder in die groep het egter 'n syfer van 5,98 liter/100 km aangeteken. Die gesamentlike gemiddelde snelheid van die drie CR-Vs was 99,7 km/h.

Garmin het die GPS-navigasietoestelle verskaf wat gebruik is om afstande akkuraat te meet, en ook om die werklike en gemiddelde snelhede van die voertuie te bepaal.

"Die Honda 1000 km-uitdaging plaas nie net die kollig op die brandstofdoeltreffendheid van ons voertuie nie, maar onderstreep ook hoe voordelig dit kan wees om 'n mens se bestuurstyl aan te pas om brandstof te bespaar, en sodoende die impak van motorry op die omgewing te verminder," sê Eagle.

"Die gemiddelde snelhede wat deur die onderskeie spanne behaal is, bewys dat hulle 'n aanvaarbare pas kon handhaaf. Deur meer deurdag te bestuur, kon die deelnemers egter aansienlik laer verbruiksyfers behaal as wat gewoonlik verwag word."

Onder die bestuurstegnieke wat deur die Make Cars Green-veldtog aanbeveel word, en wat deur deelnemers aan die Honda 1 000 Eko-Uitdaging toegepas is, tel om vroeg ratte te wissel, so gou moontlik die hoogste rat te bereik, so min as moontlik af te rat, versigtig met die versneller om te gaan, en die pad vorentoe in aanmerking te neem.

"Die syfers wat deur ons Hondas behaal is, is heeltemal realisties en haalbaar vir enige persoon wat bereid is om sy of haar bestuurspatrone aan te pas," het Eagle bygevoeg. "Motorryers kan hul brandstofrekening met tussen 20 en 25 persent verminder deur meer doeltreffend te bestuur.

"In die proses sal hulle nie net hul brandstofuitgawes verminder nie, maar ook die impak van hul voertuig op die omgewing merkbaar verlaag - 'n aspek wat teen die agtergrond van aardbolverhitting toenemend van kritieke belang word," het hy afgesluit.

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner