AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Honda help Angels for LeukemiaHonda Suid-Afrika het ingegryp om noodsaaklike hulp te verleen aan 'n tog van 4 000 km op vierwiel-motorfietse wat ten bate van liefdadigheid aangepak word. Die reis word ten bate van die liefdadigheidsorganisasie Angels for Leukemia afgelê. Dié organisasie help kinders wat aan leukemie, 'n potensieël dodelike vorm van kanker, ly. Honda het twee vierwielers vir die tog beskikbaar gestel, asook 'n Honda CRV 2.2 i-CTDi-sportnutsvoertuig, wat as bystandsvoertuig optree. Twee vierwielryers is van plan om in net 25 dae van Sasolburg tot in Kaapstad, en weer terug, te ry. Die doelwit van die liefdadigheidstog is om sowat R4-miljoen ten bate van Angels for Leukemia in te samel, en terselfdetyd ook die publiek meer bewus van die siekte en die impak daarvan op veral kinders, te maak. Volgens Marlene van Jaarsveldt, segspersoon van Angels for Leukemia, is so 'n projek nog nooit voorheen aangepak nie. "Ons maak staat op die plaaslike media om gewaarwording en publisiteit rondom die projek te skep - nie net vir ons en ons liefdadigheid nie, maar ook vir ons borge." Sy sê verder dat die tog aan alle omgewings- en veiligheidswetgewing voldoen, terwyl daar ook vir die nodige permitte aansoek gedoen is. "Verkeersowerhede sal die vierwielryers na en van elke dorp begelei om seker te maak dat plaaslike inwoners nie ons span met roekelose naweekryers verwar nie." Honda SA is ter elfder uur deur die liefdadigheidsorganisasie om ondersteuning genader nadat 'n ander voorsiener nie meer sy pligte aan die organisasie kon nakom nie. "Ons is verheug om die Angels for Leukemia-liefdadigheid te ondersteun in sy pogings om fondse in te samel en groter bewustheid oor kinders met leukemie te bevorder," sê Graham Eagle, Algemene Bestuurder van Verkope en Bemarking by Honda SA. "Ons is oortuig dat die vierwielryers en hul ondersteuningspan baat sal vind by die gebruik van ons Honda-produkte, wat alom bekend is vir hul veiligheid, gerief en betroubaarheid." Die deelnemers aan die Angels for Leukemia se 'Quads to Cape Town'-projek het die DP De Villiers-stadion in Sasolburg op 21 April 2008 verlaat, en word nie later nie as 14 Mei weer terug in die dorp verwag - presies 25 dae later. Persone of instansies wat graag bystand aan die organisasie wil verleen, of wat meer inligting oor die 'Quads to Cape Town'-tog verlang, kan regstreeks met Marlene van Jaarsveldt in verbinding tree deur die selfoonnommer 079 165 0496 te skakel. |
B D E F G H I K L M N O P R |