Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Motor

Toyota vertoon motor van die toekoms

Toyota het by vanjaar se Genève-Motorskou in Switserland opnuut sy verbintenis tot volhoubare mobiliteit gedemonstreer met die onthulling van die Hybrid X, 'n konsepmotor waarin 'n nuwe ontwerpfilosofie vir hibriedmotors vervat is, sowel as tegnologieë wat in toekomstige geslagte hibriedmotors ingespan kan word.

Die Hybrid X, wat in Toyota se Europese ED2 -ontwerpsentrum geskep is, vertoon verskeie onkonvensionele oplossings wat die potensiaal het om integrerende elemente te word van 'n spesifieke hibriedvoertuigidentiteit. Dit bied 'n toekomsblik van omgewingsvriendelike vervoer binne die raamwerk van Toyota se omgewingstrategie. Hierdie strategie berus op die beginsel van vervoeroplossings wat volhoubare mobiliteit vir moderne gesinne bevorder.

Die Hybrid X is in ooreenstemming met die kernwaardes van die Toyota-ontwerpfilosofie onder die temas "J-Faktor" en "Klinkklare Helderheid" geskep. "J-Faktor" verwys na die globale aanvaarding van Japanees geïnspireerde ontwerp en kulturele vorm, terwyl "Klinkklare Helderheid" 'n uniek herkenbare Toyota-ontwerptaal is wat gebruik word om die "J-Faktor" uit te druk.

Toyota Hybrid XOm aan die vereistes van hierdie filosofie te voldoen, het die ontwerpers van ED2 'n futuristiese bakvorm geskep wat 'n onkonvensionele ineenvloeiing van krag en 'n gevoel van ligtheid en emosie. Die ontwerp skep 'n intieme band tussen die buitekant en die binneruim -- in so 'n mate dat, as 'n mens die Hybrid X van buite beskou, jy klaar 'n goeie idee het van wat om in die kajuit te verwag.

Die sterkste visuele ontwerpaspek is die onkonvensionele U-vorm van die A- en die C-pilare, verbind deur die groot boonste glasoppervlak met sy skerp geskuinsde voor- en agterruit wat oor die sitplekruimte strek en 'n glasdakseksie insluit. As 'n mens die motor van bo-af beskou, wek dit die indruk van 'n X -- vandaar die naam Hybrid X. Die bakvorm leen hom tot die allerbeste lugdinamika met gladde oppervlaklyne en 'n geïntegreerde lugvlerk agter. Die groot glasoppervlak bied 'n "oop ruimte"-konsep met buitengewoon goeie sig in alle rigtings, insluitende na bo.

Die hoofligte verskaf 'n skakel tussen die binne- en buitekant van die voertuig en is, in der waarheid, geïnkorporeer in die instrumentpaneel van die Hybrid X en vorm deel van die kajuit. Intelligente LED-tegnologie word in die hoofligte ingespan, wat grafiese vorms deur animasie vertoon om veiligheidsinligting soos veilige volgafstand, versnelling en remming aan voetgangers en ander bestuurders oor te dra. Dit vorm alles deel van die interaktiewe konsep van die Toyota Hybrid X.

Energiedoeltreffende LED-ligte word ook aan die agterkant van die motor gebruik. Hulle is in 'n U-vorm gemonteer -- in ooreenstemming met die ontwerpfilosofie van die motor.

Toyota Hybrid XDie bestuurder kan die atmosfeer in die motor verstel deur vier sintuiglike faktore -- naamlik sig, gehoor, aanraking en reuk -- te beheer. LED-verligtingstelsels in die kajuit bied 'n verskeidenheid verligtingstemas wat verander in ooreenstemming met verskillende musiekagtergronde. 'n Parfuumspreier vul die kajuit met 'n sagte, aangename geur, terwyl die gebruik van talle verskillende materiale en teksture vir die binne-afwerking 'n verskeidenheid aanrakingsensasies bied.

In die naaf van die skakellose stuurwiel is daar 'n inligtingskerm. Dit verskaf inligting oor funksies soos die energievloeibaan van die hibriedstelsel, brandstofverbruik en ratposisie. 'n Tweede vertoonpaneel voor die bestuurder verskaf inligting oor die interaktiewe navigasiestelsel en Bluetooth-aansluiting. 'n Derde skerm, in 'n konsole gemonteer, beheer die atmosfeerstellings, insluitende die vermaakstelsel, verligtingstelsel en die lugreëling. 'n Raaksensitiewe kontrole aan die stuurwiel maak dit vir die bestuurder moontlik om inligting van een skerm na 'n ander te verplaas.

Die Toyota Hybrid X is ontwerp as 'n vierdeur-, viersitplek-oopkonsepmotor. Die deure, met skarniere aan die agterkant, maak elektronies oop en toe.

Die sitplekke, vervaardig deur die gebruik van skuiminspuittegnologie, is nie net besonder lig nie, maar bespaar ook ruimte. Die agtersitplekke kan deur 12 grade gedraai word sodat die agterste insittendes makliker na mekaar kan draai om te gesels of na buite om te sien wat rondom hulle aangaan.

Die Hybrid X het die afmetings van 'n konvensionele gesinsmotor met 'n algehele lengte van 4 500 mm en 'n asafstand van 2 800 mm. Die konsep-Toyota is 1 850 mm breed en 1 440 mm hoog. Die dinamiese bestuursverrigting van die motor word verraai deur die doelgemaakte 20-duimwiele, beslaan met 225/40 R20-ultra-laeprofielbande.

Die Hybrid X, 'n innoverende ontwerpkonsep, gee ons 'n kykie na die rigting waarin Toyota werk om sy Hybrid Synergy Drive-tegnologie aan te wend vir ekonomiese, skoon en gerieflike passasiersvervoer in die toekoms. In die Hybrid X word die Hybrid Synergy Drive-tegnologie, wat so geslaag aangewend word in die Prius, 'n treetjie verder gevoer in Toyota se droom van volhoubare mobiliteit met geen emissies nie.

(foto's verskaf deur MotorPics, © Toyota SA)

B
D
E
F
G
H
I
K
L
M
N
O
P
R



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner