// jy lees ...

Motors

Honda CR-V loop voor in betroubaarheidspeiling

Die voorste Britse voorsiener van waarborge aan die verbruikermark, Warranty Direct, het die Honda CR-V aangewys as Brittanje se mees betroubare sportnutsvoertuig (SNV).

Die maatskappy het sy eie, unieke betroubaarheidsindeks-peiling gebruik om die betroubaarste – en ook die onbetroubaarste – SNVs en vierwielaangedrewe voertuie op die Britse mark te identifiseer. Die ondersoek is gegrond op Warranty Direct se databasis van sowat 150 000 voertuie wat tussen drie en agt jaar oud is.

Die indeks neem verskeie faktore in ag. Daaronder tel hoe dikwels voertuie onklaar raak, die gemiddelde herstelkoste, en hoe lank dit duur om die herstelwerk te voltooi. Dié faktore word dan gebruik om ’n algehele betroubaarheids-indekstelling te bepaal. Hoe laer die telling, hoe meer betroubaar is die voertuig.

Honda se CR-V beklee die boonste sport van die peiling se betroubaarheidsleer met ’n telling van 23,10. Suzuki se Grand Vitara is die naasbeste voertuig, met ’n betroubaarheidstelling van 33,01. Toyota se RAV4, die Mitsubishi Shogun, en die Kia Sorento beklee die oorblywende drie plekke in die top vyf.

Die CR-V was ook die naasbeste voertuig in die peiling wat herstelkoste betref. Net die Suzuki Grand Vitara was goedkoper om reg te maak.

Volgens Warranty Direct oorheers Japanse voertuie steeds in algehele terme die betroubaarheidspeiling, terwyl Europese make die swakste gevaar het, en die laaste 10 plekke beklee. Die volledige verslag is op Warranty Direct se webwerf by http://www.warrantydirect.co.uk/press.html beskikbaar. ʼn Tabel met uitslae is ook hieronder aangeheg.

Honda CR-V

Honda CR-V

Honda se CR-V het ook in Suid-Afrika ’n benydenswaardige naam vir gehalte en betroubaarheid opgebou, en is een van die voorste mededingers in die plaaslike SNV-segment.

In die mees onlangse JD Power-klantetevredenheidsindeks, wat in 2009 vrygestel is, het die CR-V bo-aan die lys van presteerders in die afdeling vir kompakte SNVs geëindig.

Honda was in die tweede plek algeheel wat klantetevredenheid betref.

Top 10 4×4/SNVs

Vervaardiger
Model
Gemiddelde herstelkoste
Betroubaarheid-indekstelling

1
Honda
CR-V (01-06)
£239.63
23.10

2
Suzuki
Grand Vitara (98-05)
£219.43
33.01

3
Toyota
RAV4 (00-06)
£330.58
42.69

4
Mitsubishi
Shogun (00-07)
£595.58
47.53

5
Kia
Sorento (03-)
£332.34
59.36

6
Nissan
Terrano II (93-06)
£277.25
62.81

7
Land Rover
Freelander (03-06)
£370.23
66.11

8
Lexus
RX300 (03-09)
£571.60
68.69

9
Nissan
X-Trail (01-)
£433.18
73.69

10
Toyota
Landcruiser (03-)
£525.01
82.78

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Honda Accord bo-aan leer van betroubaarheid
  2. Honda eko-uitdaging
  3. Blink toekoms vir Honda Suid-Afrika
  4. Honda help Angels for Leukemia
  5. Honda Cub nou op 60-miljoen

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site