// jy lees ...

Motors

Suzuki Alto spot met die kompetisie

Ten midde van ’n vloedgolf sogenaamde spesiale aanbiedinge met die Sokker-Wêreldbeker as tema, het ’n slim reklameveldtog nie net ’n spreekwoordelike blitsdoel aan Suzuki Auto Suid-Afrika besorg nie, maar ook terselfdertyd ’n geel kaart aan foefiereklame uitgedeel.

Die maatskappy het juis die bohaai rondom die 2010 FIFA Sokker-Wêreldbeker ingespan om as platform te dien vir ’n verkoopsveldtog wat sonder ’n enkele sokkerbal klaarkom.

In die nuwe veldtog steek Suzuki Auto SA die draak met maatskappye wat die Sokker-Wêreldbeker as die kerntema inspan om produkte en dienste te adverteer.

Klante word aangeraai om eerder ag te slaan op aanbiedinge wat ‘werklike’ waarde bied, eerder as om sonder meer op die sokkertreintjie te klim.

Die Suzuki Auto-reklameveldtog maak van televisie, radio en gedrukte streeksmedia gebruik. Die kernaanbod is ’n diensplan van drie jaar/45 000 km wat vir ’n beperkte tydperk gratis aan alle kopers van ’n nuwe Suzuki Alto GL- of GLS-luikrugmotortjie uitgereik word.

“Baie maatskappye probeer om hul klante met gratis, sokkergerigte aanbiedinge op die sokkertrein te lok. Maar ons besluit om eerder kopers van ons jongste-geslag Alto-luikrugmoor met werklike, toegevoegde waarde te beloon,” verduidelik André Venter, Suzuki Auto SA se afdelingsbestuurder van verkope en bemarking.

Suzuki Alto

Suzuki Alto

“Die Alto is nie net een van agt finaliste in vanjaar se SA Motor van die Jaar-wedstryd nie, maar die GL-weergawe kos steeds minder as R100 000. Deur ’n gratis diensplan by die pakket te voeg, bied ons ’n ongelooflike geleentheid aan klante om uit ’n uitstekende aanbod sonder enige foefies voordeel te trek,” het hy bygevoeg.

Die Suzuki Auto-veldtog is vroeg in Januarie van stapel gestuur en duur voort tot aan die einde van Maart 2010. Die gratis diensplan vir die Suzuki Alto is by alle Suzuki Auto SA-handelaars landwyd beskikbaar.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Suzuki Alto – Veilig en seker, selfs op intreevlak
  2. Suzuki verkope vaar goed
  3. Ervaar die Suzuki-lewenstyl
  4. Suzuki-motors verkoop ‘n barshou
  5. Suzuki laat die wiele rol

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site