Die jongste uitgawe van Wheels, Suid-Afrika se mees gesogte motorjaarboek, is nou beskikbaar.
Wheels 29 is ‘n móét vir motorentoesiaste. Lesers kan uitsien na hope leesgenot van al die aksie van die plaaslike en internasionale motorbedryf. Saamgevat in die 256-volkleur glansbladsye is meer as 70 artikels, geskryf deur die room van Suid-Afrika se motorjoernaliste, tesame met meer as 500 volkleur fotos van motors en motorsport. Nog goeie nuus is dat daar ‘n Nokia-selfoon, asook ‘n Jacques Lemans-horlosie gewen kan word in twee leserskompetisies.
Wheels 29 bevat omvattende onderwerpe. Dit strek van mylpale in die bedryf tot tegnologiese veranderinge en van nuwe modelle tot konsepvoertuie en motorfietse. Lees ook meer oor die glans van internasionale motorskoue asook Suid-Afrika se Motor van die Jaar kompetisie.
Vir motorsportgeesdriftiges bied Wheels 29 al die aksie en kontroversie van Formule Een, die stryd van die reuse in plaaslike en internasionale tydrenne, sowel as die hoogtepunte en laagtepunte van Suid-Afrikaanse veldrenne. Soos gewoonlik, word die 2009-seisoen se belangrikste plaaslike motorsportuitslae gepubliseer.
In die voorwoord van Wheels 29 skryf Danie van Jaarsveld, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Motorskrywersgilde: “Oor die afgelope nege en twintig jaar het die plaaslike motorverwante uitgewersbedryf groot omwentelinge ervaar. Meeste van die name van dié era het óf verdwyn óf is opgeraap deur groot uitgewersinstansies. In skrille kontras hiermee het Wheels oorleef en – in werklikheid – floreer. Getrou aan sy oorspronklike wenresep, lewer Adri en sy span steeds elke jaar ‘n publikasie met uitstekende en goedopgestelde inhoud wat betrekking het op die Suid-Afrikaanse motorbedryf.
“Dit is om hierdie rede dat ek elke jaar met volgehoue entoesiasme uitsien na my uitgawe van Wheels, asook na die genot en inspirasie wat voortreflikheid bring en die tevredenheid van ‘n taak wel gedaan.”Wheels 29 is landwyd by CNA-winkels en ander uitsoekhandelaars beskikbaar teen slegs R45,00. Alternatiewelik, kontak Wheels telefonies by (012) 841-2711, per faks by 086 669 4269 of per e-pos by info@wheelsannual.co.za.
Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.