Kieslys

Close


*/

01 Julie
2011
Musiek
142 keer gelees

’n Bok winter

Die winter is op ons en Bok van Blerk het net die ding om die ergste koue te verdryf.

Hy vat in Julie die pad met sy Winter-Wyn-toer en hierdie gaan `n Bok wees wat min mense nog gesien het.

“Die winter vra vir lekker kuiers met `n glasie wyn in die hand voor `n kaggelvuur,” sê hy. “Die konserte wat ons beplan is anders as my ander konserte. Daar gaan net `n paar musikante saam met my op die verhoog wees en hoewel ons al die grootste treffers gaan speel, gaan hierdie `n baie meer intieme konsert wees.”

Peter Mitchell, die Kaapse sanger en musikant, gaan die verhoog met Bok deel en die konsert gaan nie net uit musiek bestaan nie, maar ook `n goeie skeut komedie hê.

“Ons gaan stories en grappe vertel en hoop dat ons mense die koue gaan laat weg lag.” sê Bok.

Omdat Bok altyd met sy volle orkes optree, is dit nie altyd moontlik om in kleiner venues op te tree nie. Van die plekke wat al bespreek is, is Pottersplace in Jeffreysbaai, Die Blouhond in Linden, Johannesburg, Die Boer in Durbanville, Kaapstad, Dorpstraat Teater in Stellenbosch, die Kalahari Restaurant in George, Barkleystraat Teater in Uitenhage en die Barnyard-teaters in Alberton en Mosselbaai.

Bok van Blerk

Bok van Blerk

“Meeste van hierdie venues kan ongeveer 120 gaste neem,” sê Bok. “Die konserte gaan dus `n lekker kuieraand wees en `n goeie geleentheid vir my wees om mense van nader te leer ken. Ek sien uit na die winter op die oop pad.”

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Melancholia | Roekeloos
2017-02-23 15:26:23
[…] Moenie wonder wat regisseur Lars von Trier van jou, die kyker , verwag nie. Hy gee nie &ls...
Midnight in Paris | Roekeloos
2017-02-23 15:21:51
[…] daarvoor om stede deel van sy tema te maak. Dit was meesal New York, maar meer onlangs ook...
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom | Roekeloos
2017-02-23 12:03:16
[…] Spreekwoorde […]...

Advertensie