// jy lees ...

Kortliks

Amanda Strydom: Binnekamer

Dit was al lankal tyd vir ’n nuwe vertoning van musiekteater-diva Amanda Strydom.

Hertzogpryswenner Deon Opperman en musieklegende Janine Neethling het albei, sonder om twee keer te dink, “ja” gesê. En so trek die gedugte span toe saam om Binnekamer te skep. Drie besonderse teatermense, een besonderse ver-toning.

Geskep en geskryf deur Deon Opperman.
Lirieke deur Deon Opperman en Amanda Strydom.
Musiek deur Janine Neethling.

Tydens die fees skuif Charl du Plessis agter die klawers in.

Vervaardig deur Packed House Productions.

Aardklop 2011

Klipdrift Elgrosaal, Potchestroom – 70 min. – R90.
4 Okt. – 21:00, 5 Okt. – 10:00, 6
Okt. – 14:30, 7 Okt. – 14:30, 8 Okt. – 14:30

Related posts:

  1. Amanda Strydom in Konsert
  2. Op ‘n klein blou ghoen
  3. Die son sal weer skyn
  4. Amanda Seyfried
  5. ‘n Vuur gevang in glas

Bespreking

Een mening vir “Amanda Strydom: Binnekamer”

  1. Jou vertoning het my weeereens so geraak…. Dankie dat jy jou werk en talente met ons deel. My dogter bly in Nederland en gaan so ver moontlk na al jou optredes daar. Is daar nie ‘n dvd van die 2011 aardklop vertoning nie? Of enige ander? Ek sou so graag dit vir haar wou saamneem as ek April gaan kuier. Groete

    Geskryf deur retha van der Merwe | 11 Februarie 2012, 08:42

Gee jou mening