// jy lees ...

Kortliks

Andy Williams oorlede

‘n Bekende Amerikaanse sanger van weleer, Andy Williams, is in die ouderdom van 84 oorlede na ‘n stryd teen blaaskanker.

Williams was bekend vir liedjies soos “Moon River”, “Can’t Take My Eyes Off You”, “Can’t Get Used to Losing You”, “Days of Wine and Roses”, “Where Do I Begin”, en ‘n TV-reek The Andy Williams Show. Aanvanklik het hy saam met sy broers gesing in die groep The Williams Brothers, voor hy sy eie pad begin loop het.

Hy was voorheen getroud met die Franse sangeres Claudine Longet. Hulle is in 1975 geskei.

Williams was ook bekend vir sy uitgebreide kunsversameling.


Bespreking

Geen kommentaar vir “Andy Williams oorlede”

Gee jou mening