Die Blondes is terug met hul oorspronklike verwerkings van klassieke en kontemporêre meesters se bekendste musiek. Dié keer takel hulle Tsjaikofski met sy onvergeetlike Die neutekraker, Swanemeer en klavier- en vioolconcerto.
Die meesleurende Russiese melodieë word inmekaargevleg in ’n keurspel van heerlike hoogtepunte. “Boland-blues” steek die draak met volksliedjies wat na die Boland verwys. En dan ruk en rol die klaviere op Queen se kragtige treffers soos “Bohemian Rhapsody”, “We Are the Champions”, “A Kind of Magic” en “Friends Will Be Friends”. Jy sal glimlag as jy uitstap …
Met Elna van der Merwe en Zorada Temmingh (twee klaviere) en Hugo Radyn (tromme).
Aardklop 2009
Datums: 1 Oktober 2009 – 20:30
2 Oktober 2009 – 12:30
Venue: Konservatorium
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.