Charl du Plessis aanvaar uitdaging vir KKNK

Charl du Plessis is Suid Afrika se piano man en meng in Shanghai Brunch sy klassieke klaviermusiek van wêreldgehalte met kontemporêre ritmes in ’n musikale produksie wat jy kan proe!

Dink aan Bach in die styl van ’n boogie-woogie of Mozart wat mambo. Daar is gunstelingmelodieë van Beethoven, Chopin en Debussy, en selfs Lady Gaga.

Charl du Plessis is die jongste pianis in Afrika wat met die lewenslange titel van Steinway-kunstenaar bekroon is.

Shanghai Brunch het reeds vol sale in China, Switserland en Holland getrek en beloof om ’n hoogtepunt van vanjaar se fees te wees.

Charl is deur ‘n blinde student van hom uitgedaag om een van Shanghai Brunch se liedjies geblindoek te speel by die KKNK. Charl het die uitdaging aanvaar.

Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme)

Vervaardiger: Charl du Plessis

KKNK 2012

Afrikaans en Engels
Genre: Klassiek
75 minute
R80
Laerskool Noordsaal, Oudtshoorn
31 Maart 14:00 1 April 17:00 2 April 20:00

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar