Kieslys

Close


*/

07 Augustus
2015
Musiek
237 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Die eggo van jou oë – 25 van Jannie du Toit se mooiste opnames

44 jaar op die pad van Afrikaanse musiek het tientalle opnames opgelewer wat sorg dat Jannie du Toit se stem steeds landswyd op radiostasies gehoor word.

Die eggo van jou oë - 25 van Jannie du Toit se mooiste opnames

Die eggo van jou oë – 25 van Jannie du Toit se mooiste opnames

Die jongste gunsteling is Gisela de Villiers se aangrypende “Die eggo van jou oë”, wat as titelsnit vir die versamelalbum gekies is. Terwyl sy eie komposisie, “‘n Liedjie vir jou”, sedert 1980 gehoor kan word op alle stasies wat Afrikaanse musiek speel, is daar deur die jare talle ander opnames gemaak waaraan hy ook onthou word: onder andere “Madeleine”, “Gee ons vrede”, “Eenvoud”, “Somerkersfees” en “Pie Jesu” saam met Coenie de Villiers en Chris Chameleon ‘n paar jaar gelede. Die eggo van jou oë lê klem op die liedjies wat deur die jare speellyste gehaal het, maar daar is ook ‘n paar van die kunstenaar se eie gunstelinge wat dikwels vir fynproewers die naaste aan die hart lê. Daaronder tel “Volgende winter”, “Ik zou wel eens willen weten”, “Ek wil vir jou”, “Leeuspruit” en “Afdraaipad”, wat hy saam met Christa Steyn geskryf en opgeneem het.

Jannie du Toit het in die vroeë sewentigerjare as lid van die folk-groep Trilogie die eerste keer onder die aandag van Afrikaanse luisteraars gekom. Die groep is in 1973 op Sarel Myburgh se Studentevaria gehoor en in 1975 kom hulle TV-debuut reeds tydens die toetsuitsendings van die ou SATV. Daarna is hy deel van die Musiek- en Liriekbeweging saam met mense soos Koos Doep, Laurika, Coenie en Anton wat tussen 1979 en 1981 ‘n groot omwenteling in Afrikaanse musiek bewerkstellig het. Hy verlaat die regsberoep en skryf in die vroeë tagtigerjare in diens van Tukkies musiekblyspele vir ‘n studentegroep – onder andere Loeloeraai en Gansdans. Daarna stel Stephan Bouwer hom aan die kabaretverhoog bekend toe hy saam met Laurika Rauch die uiters gewilde Van Berlyn tot Bapsfontein aanbied. Hy werk vir 25 jaar saam met Christa Steyn as begeleier, medeskrywer en verwerker, – vanaf 1986 totdat sy in 2011 terminale kanker gediagnoseer is. Hulle tree wêreldwyd in meer as 20 lande op en vier in 2007 hulle 21 jaar van samewerking met die produksie Jannie en die tannie. Benewens talle eie komposisies gee hulle baie aandag aan Nederlandse musiek, asook aan die musiek van Koos du Plessis. Jannie se mees onlangse sukses is met Doep is nie dood nie, waarmee Koos se afsterwe van 30 jaar gelede herdenk word. Die program sal binnekort deur KykNet uitgesaai word nadat daar in ‘n jaar se tyd meer as 90 optredes landswyd was. Op die oomblik is hy ook nog saam met die tjellis Susan Mouton in Hartsnaar op die verhoog te sien en saam met Lochner de Kock in ‘n kosprogram, Die Cordon Broers se kossêrt, wat vanjaar ‘n draai by Innibos gemaak het.

Die eggo van jou oë word deur JNS Musiek vrygestel en deur REAL Music in die handel versprei. Die album is reeds vanaf 25 Junie landswyd in beskikbaar.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Salvator Mundi breek wêreldrekord | Roekeloos
2017-11-16 13:30:13
[…] rekord is voorheen gehou deur Pablo Picasso se “Les femmes d’Alger” (Die...
James
2017-11-11 17:51:26
Wonder...
Gedigte van Charles Grobbelaar | Roekeloos
2017-11-10 08:57:52
[…] Digters […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.