Dreams

Innibos-feesgangers word vanjaar getrakteer met ’n samewerking tussen Chris Chameleon en die Drakensberg Seunskoor.

Nie net gaan hulle ’n verhoog deel nie, hulle gaan die produksie aanbied in die natuurlike akoestiese ruimte van die skouspelagtige Sudwala-grotte.

Die produksie sluit in ’n buitengewone uitvoering van Ramirez se “Misa Criolla”, Chris se toonsettings van Ingrid Jonker, ou gunstelinge soos “Hello Dolly” en “Pie Jesu” asook ’n aantal ligte liedjies om die lagspiere ook te prikkel. Hierdie produksie sal ook op DVD opgeneem word.

Chris het besluit om die produksie Dreams te noem omdat dit as kind een van sy groot drome was om in die Drakensberg Seunskoor te kan sing, maar weens die besondere omstandighede van sy jeug kon hy nooit deel wees van die Drakies nie.

Met: Chris Chameleon en die Drakensberg Seunskoor, Jonathan Crossley, Riaan van
Rensburg
en James Grace

innibos 2012

Chris Chameleon
Chris Chameleon
Debuut
Genre: Musiek
70 minute
R97
Sudwala-grotte, Nelspruit
Wo 27 Junie 17:30; Do 28 Junie 17:30; Vr 29 Junie 17:30 en Sa 30 Junie om 17:00

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar