Duisend Drome – Nianell & Romanz

Meng die bekroonde talent van Nianell en Romanz, en jy kry ’n Duisend Drome.

Dié kunstenaars versmelt vroulike sjarme met viriele manlikheid, musikale deurwintering en jeugdige energie. Met roerend-harmonieuse smeulvertolkings, gekomplementeer deur grootklankverwerkinge en populêre orkestrasie bied die vertoning sielvolle klanksuiwerheid.

Dié kombinasie lewer bloot gehaltegetroue en meevoerende musiek in uiteenlopende stemmings – ’n eerlike reis deur die liefde, passie, hartseer en vreugde van die lewe.

Romanz en Nianell bied ongeëwenaarde akoestiese vokale swier! Moenie dié vertoning misloop nie.

innibos 2012

Genre: Musiek
Tydsduur: 90 minute
Prys: R97
Venue: Nelspruit Hoërskool Ouditorium, Nelspruit
Datum en tyd: Vr 29 Junie 14:00 en 18:00

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar