Quintus van Rensburg het vanaf die 2009 Portfees in Calitzdorp ge-tweet vir Roekeloos.
Hier is ‘n opsomming van sy naweek se tweets, met fotos.
(Indien jy nie weet wat Twitter of tweets is nie besoek http://en.wikipedia.org/wiki/Twitter. Roekeloos se Twitter-profiel is by http://twitter.com/Roekeloos .)

Judy Bumstead en Mike Sorenburg se huis op 'n kop buite Calitzdorp.
12:20 NM Apr 30ste – Quintus vR tweet Portfees vir Roekeloos.
2:02 NM Apr 30ste – Packing for port.
3:54 NM Apr 30ste – Totsiens Rock City, hello Calitzdorp.
5:57 NM Apr 30ste – Rooiberg Kelder, Robertson. Koop 2005 Cape Vintage Port en 2008 Rooi Muskadel.
6:21 NM Apr 30ste – Huisrivierpas. Ek kyk uit vir Stanley en die koei.
6:34 NM Apr 30ste – Calitzdorp. Eerste stop Die Bosvarkie; my griepmasker by die huis gelos.
8:43 VM Mei 1ste – Ek het pas die hengelkompetisie gemis.
9:57 VM Mei 1ste – Ons het 10 km deur die Gamka-vallei gedraf; kalm psalm.
11:08 VM Mei 1ste – Calitzdorp – Oorspronklik ‘n kerknedersetting op grond geskenk deur Frederick Calitz in 1821.
12:06 NM Mei 1ste – Druiwetrapkompetisie by Calitzdorp Wynkelder, ook ‘n druiwekorrelspoegkompetisie – hoe is daai vir ‘n lang woord.
1:08 NM Mei 1ste – Uitstekende fotos deur Rick Prins by Zamani Galery en Restaurant.
1:43 NM Mei 1ste – Ons nuwe gunsteling fotograaf: David McKenzie. Hy het Calitzdorp se ou poskantoor in ‘n studio omskep.
2:59 NM Mei 1ste – David McKenzie doen nog outentieke ouskool donkerkamerwerk.
3:09 NM Mei 1ste – Daivid McKenzie maak dradogliewe van afvalmetaal wat hy in die veld optel. Hy gebruik die metaal net in die oorspronklike vorm.
3:22 NM Mei 1ste – Ek het twee David McKenzie fotos gekoop. Een foto is van die geskrifte van Gustav Roller.
3:28 NM Mei 1ste – Marinda Combrink gly deur haar kraletjiesgordyn by haar galery en studio. Wonderlike portrette van plaaslike inwoners.
5:02 NM Mei 1ste – Marinda Combrink se werk versier Die Handelshuis Restaurant.
5:11 NM Mei 1ste – Die Route 62 Galery het baie goeie mini-skilderye van geboue in Calitzdorp. Die kunstenaar is Penelope Rudder.
5:46 NM Mei 1ste – Indien jy net een plek besoek op Calitzdorp, besoek Riaan Bosch se studio / huis. Effen fabulous.
5:54 NM Mei 1ste – Wat ‘n uitsig vanaf Judy Bumstead se galery. Judy doen deesdae baie stukke in samewerking met haar man, Mike Sorenburg.
6:02 NM Mei 1ste – Was in Judy Bumstead se huis. Hulle is ewe tuis in hulle omgewing, net soos die omgewing fisies deel word van hulle werk.
6:06 NM Mei 1ste – Mike Sorenburg sien ook om na die Hennie Cloete-gedenktuin, meer ‘n natuurlike bewaringsgebied as ‘n tuin. Vra hom oor sy stoof.
8:40 NM Mei 1ste – Drankies by Die Dorpshuis.
9:12 NM Mei 1ste – Probeer tans iets nuuts uit die Klein Karoo. Bokmelk fudge, een met appel en kaneel en een met port.
9:35 VM Mei 2de – Portfees 10 gehardloop, 39:54.
11:31 VM Mei 2de – Daar is te min toegangskaartjies by die hekke – dis 11:30.
11:17 VM Mei 2de – Deelnemers aan die boulle-kampioenskappe word trakteer op Pierre Jourdan vonkel.
11:27 VM Mei 2de – Die skinkers vat nie ons proekaatjies nie – jipee.
11:37 VM Mei 2de – Withoek: Proe by Fanie Geyser. Withoek Tawny Port, 19,5% alk, R35.
11:45 VM Mei 2de – Louiesenhof: Marbonne brandewyn, gedistilleer in ‘n 1930 potketel uit Stuttgart. 16 jaar in Limousine-vate. R270.
11:52 VM Mei 2de – Triple T Cellars: 2007 Shiraz, skaflik, gegewe die area. Mooi bottels vir hulle Cape Vintage.
12:02 NM Mei 2de – Axe Hill: Cape Vintage 2006 is erg op neus met 20% alk, maar vaar goed op palet.
12:11 NM Mei 2de – Peter Bayly: Cape White 2007, eerste indruk is sjerrie, met ‘n skoon Grappa-agtige einde. Beste wit port.
12:19 NM Mei 2de – Peter Bayly: Sy Cape Vintage 2006 is my nr een keuse vir die fees.
12:23 NM Mei 2de – Boplaas: Cape Vintage 2006 is sy 5 Platter sterre werd.
12:42 NM Mei 2de – Calitzdorp Wynkelder: Cape Vintage is verteerbaar.
12:48 VM Mei 2de – De Krans: Beste Touriga Nacional en Tawny Port.
1:14 NM Mei 2de – Rijkshof Ruby Port, eiesoortige rosyntjie karakter.
2:23 NM Mei 2de – Gooi my in ‘n balie, trap op my en jy kan jou eie port versnit maak.
4:15 NM Mei 2de – Wicus van der Merwe skud sy speelgoed op die Portfees.
4:25 NM Mei 2de – Wicus van der Merwe: Gaan droewig met die Blou Bulle, want Kaptein snuif die lyne.
5:54 NM Mei 2de – Doen weer platvloers by Die Bosvarkie.
6:28 NM Mei 2de – Ken jy vir Klein-Jan Pampoen-Tamatie? Blykbaar ken almal hom (as jy van die kontrei is).
8:29 NM Mei 2de – Luister na Petronel Baard by Die Dorpshuis.
8:31 VM Mei 3de – Die 2009 Portfees gee haar laaste doodsnikke.
- Judy Bumstead en Mike Sorenburg se huis op ‘n kop buite Calitzdorp.
- ‘n Tipiese huis in Calitzdorp
- By Calitzdorp Wynkelder
- Calitzdorp-stasie, feesterrein van die 2009 Portfees
- Calitzdorp-stasie, feesterrein van die 2009 Portfees
- Op David McKenzie se stoep
- David McKenzie se dradogliewe
- David McKenzie uit fokus
- Marinda Combrink in haar studio / galery
- Die Handelshuis, Calitzdorp
- Die Handelshuis, Calitzdorp
- Die Handelshuis, Calitzdorp
- Marinda Combrink se werk in Die Handelshuis, Calitzdorp
- Riaan Bosch
- Judy Bumstead en Mike Sorenburg se studio
- Die uitsig vanaf Judy Bumstead en Mike Sorenburg se huis
- Judy Bumstead en Mike Sorenburg se huis
- David McKenzie se handewerk in Judy Bumstead en Mike Sorenburg se veld
- Quintus van Rensburg tweet in die donker
- Boulle
- Boulle-trofee
- Calitzdorp-stasie
- Calitzdorp is ook bekend vir vetplante
- Fanie Geyser van Withoek Kelder
- Grundheim
- Triple T Cellar se bottel
- Axe Hill
- Paul Bayly
- Boplaas
- De Krans
- Kango Wyne
- By Axe Hill
- Op Calitzdorp
- Mense wat nie ietsie neem nie
- Wicus van der Merwe rap
Kiekies gemik en gedruk deur Quintus van Rensburg, Linda van Rensburg en Nasha van Rensburg.






































This is the coolest Afrikaans site. Keep it up guys.