Gerhard Steyn

Die musiekbedryf staan reeds verstom oor die spoed waarmee Gerhard Steyn groei as kunstenaar “He grew claws overnight” is Judith, sy bestuurder en agent, se mening.

Judith sê: “Ek het so amper 3 jaar gelde ‘n ou onder ‘n doringboom sien kitaar speel.. ongeskeer, T-hemp en deurmekaar hare. Net hy en sy kitaar. Ek sien selde mense met soveel “presence” en die ou was een met sy kitaar en musiek. “Ek het dadelik geweet Gerhard moet shows doen en dat hy met die regte blootstelling, onmiddellik ‘n impak sou kon maak”. Die enigste probleem was dat die ou al sy rugsak gepak het, reg om deur Australië te gaan toer. “Hy het my gelukkig ‘n kans gegee om hom om te praat. Gerhard het die bedryf baie oopkop betree.”

Gerhard het aanvanklik begin optree in die duet Windpomp. “Ons het ons eerste CD self opgeneem”, Johan en Poy het ons ‘n aanvanklike, waardevolle hupstoot gegee met die CD.

Vonk Musiek het na aanleiding van daardie einste Windpomp CD begin wonder oor die ou wat so oornag sy verskyning op die musiekfront gemaak het. “Gerhard se musiek was great maar sy droom en visie het my baie meer beïndruk. Hy dink soos ‘n kampioen en is nie bang vir uitdagings of onbekende terreine nie.”

Die uiters veelsydig kunstenaar het al aan verskeie aspekte van die bedryf begin kou. As liedjieskrywer het hy reeds noemenswaardige byt. Sy musiek word op al die radiostasies gehoor en al 14 snitte op sy album is gelys. Dozi, Jacques de Coning, Robbie Klay, Karin (Zing-faam) en Leon Ferreira is van die kunstenaars wat al van sy werk opgeneem het. “Dis so ‘n groot voorreg” sê Gerhard, dis mense wat my ook inspireer.

Gerhard is ook ‘n briljante akteur en is alreeds gesien as ‘n gas op 7de Laan (Kosie die lyfwag) en het ‘n sleutelrol vertolk in Frans Marx se reeks The res (Andre die universiteit se rugby kaptein.) Gerhard se tydskedule is nie vir sussies nie maar hy sal graag ‘n “lekker rol” speel as sy dagboek en die tyd gaan saamspeel.

Buiten die optredes, liedjies skryf en oorklankingswerk is Gerhard ook ‘n vryskutjoernalis vir die Vonk en behartig ander kunstenaars se produksies van hulle albums.

“Mens moet jou drome volg met alles wat in jou is.” Glo Gerhard. “Ek leef tans my droom. Ons land se mense ondersteun my geweldig. Ek wil ‘n pad stap met my musiek in die land.. vir die mense iets gee wat die moeite werd is om hulle geld op te spandeer.”

Kliënte kan deesdae uit ‘n hele verskeidenheid opsies kies wanneer hulle vir Gerhard wil bespreek. “Ons het die pakkette saamgestel omdat ons baie graag vir almal in die land (en wêreld) sal wil gaan musiek maak en saam met hulle wil kuier. ‘n Gerhard Steyn vertoning moet binne almal se bereik wees.”

Solo optredes met net Gerhard en sy kitaar soos wat julle hom leer ken het, Die nuutste opsie, “die Mercedes” van showbiz, is Gerhard Steyn met sy volle 9-stuk orkes. Die klankingenieurs Wouter en Pierre se dat: ‘mens eenvoudig nie kan stilsit agter die desk as die ouens lostrek nie. Dis ongelooflik om soveel talent op een verhoog bymekaar te sit en te meng vir ‘n optrede. ENIGE ingenieur se droom!!!!”

George Enslin, Anneli van Rooyen se eks drommer, is meneer persoonlikheid self en sorg altyd vir sy aandeel van die pret. Danie, Gerhard se jonger broer, is briljant op die ritmekitaar en is die “Bob Dillan” van die vertoning. Louise (baskitaar) is ‘n regte funky chick maar nie die enigste chick in die groep nie. Sy het funky maatjies Talitha (viool) en die rooikop Lanie (vocals, klavier en tjello.). Lionel (percussion en vocals) het ‘n stoute lag in die oë. Marnus (elektriese kitaar) is die nuutste en jongste in die groep en hy ROCK!

“Ons is almal erg opgewonde oor Gerhard se talent en potensiaal maar veral sy dryfkrag en visie as kunstenaar. Die welpie is vinnig besig om sy melktande te wissel en die leeu se maanhare groei teen ‘n verrassende tempo.”

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply