Kieslys

Close


*/

12 Mei
2005
Musiek
1894 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Hoekom …

Een van die musiekbedryf se mees opwindenste nuwe sterre, Pretoria kunstenaar Wynand Strydom (gebore 24 Nov 1975 in die Jakarandastad), geniet huidiglik groot sukses met twee briljante albums op die winkelrakke en suksesvolle optredes landswyd.

Wynand het sy kinderjare deurgebring in Pretoria en sy skooljare afgesluit by Hoërskool Oos-Moot waar hy onder andere aan rugby, tennis, krieket en koor deelgeneem het. Na skool werk hy in die bankbedryf en besluit om onderwys te studeer. Hy tree ook op as lid van die a capella groep, G-String. In hierdie tyd ontmoet Wynand ook die liefde van sy lewe, Therina. Na hul troue vestig hulle in Pretoria waar Wynand skool gee en sy sangloopbaan tussendeur beoefen. Die Strydoms word ook ‘n dogtertjie, Anireht ryker.

Harde werk, deursetingsvermoë en ‘n platekontrak met Fantasia/Maroela het sy sangloopbaan stewig op dreef gebring. As finalis in Cresendo 2000 en 2002 het Wynand sy nis in die bedryf gevind en begin optredes saam met Francois Botha op klavier en Ivan Niehaus op kitaar. Sy weg is gebaan tot publieke optredes wat strek vanaf feeste, fondinsamelings, korporatiewe funksies tot by sy persoonlike gunsteling, teater.

Aangespoor deur sy grootste inspirasie in sy lewe, Koos du Plessis reik Wynand sy eerste album, Anders in 2003 uit en heel gepas is die trefferliedjie Wie Weet uit Koos se pen. Die gewilde liedjie en video word gereeld op radiostasies en televisie uitgesaai. Tot op hede het hierdie album 9000 eenhede verkoop en die weg gebaan vir groot dinge in sy loopbaan.

Wynand tree op by KKNK 2003 en doen ook vertonings saam onder andere met Mathys Roets, Sonja Herholdt en Juanita du Plessis. Hy bied ook gereeld opredes aan by Blue Crane, een van Pretoria se gewildste teater restaurante.

Wynand se nuutste album, Hoekom … volg in die suksesvolle spore van sy debuutalbum Anders, en word vinnig een van Suid Afrika musiekbedryf se topverkopers. Verskeie verwerkings en vertolkings kom op hierdie album voor, waaronder ‘n Koos Du Plessis keurspel, die allergewilde Sproeitjies, tradisionele liedjies, oorspronklike vrystellings asook op-en-wakker verwerkings soos Katrina geskryf deur Anton Myburgh. Kyk ook uit vir sy briljante weergawe van Jak de Priester se Sally Williams Nougat.

Wynand pak die uitdagings van die musiekbedryf met erns aan en werk hard aan sy drome. Hy glo in homself en wil graag sy musiek deel van almal maak. Sy doelwit is om musiek te maak wat hom en die publiek gelukkig maak en om uit elke optrede iets nuut te leer…en ten spyte van alles nederig en dankbaar te bly.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Musiek
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Die Alternatiewe Verklarende Afrikaanse Woordeboek: komplot | Roekeloos
2018-12-09 20:26:41
[…] Roekelose Woordeboek […]...
Inskrywings is oop vir LAPA se 2019 jeugromankompetisie | Roekeloos
2018-12-05 08:59:45
[…] gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vy...
Milla Jovovich naak in Purple | Roekeloos
2018-11-30 14:40:17
[…] is die tweede bekende aktrise wat vanjaar naak in ‘n Franse tydskrif verskyn. Eers w...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD