David met sy mandolientjie en Christoff met sy bandolientjie maak eklektiese Ierse Boereblues.
David Delaney van Ierland brings sy viool, sy Ierse fluit en sy mandolien. Christoff Beukes vat voor met sy kitaar en. Behalwe Ierse-Boereblues is daar ook interpretasies van Kings of Leon, Bruce Springsteen en The Eurythmics.
Dis net by Die Blou Hond in Linden op 23 Augustus en dan weer 21 September.
R275 per kop, dit sluit ‘n driegangmaaltyd in.
Bespreek by 011 782 4240 of info@blouhond.co.za
Hier is ‘n voorsmakie (“Bitterwyn”):
PS ‘n Bandolientjie is ‘n bekfluitjie.




Bespreking
Geen kommentaar vir “Ierse Boereblues”