Jak de Priester stel sy sesde oorspronklike album vry met 17 splinternuwe liedjies uit sy pen.
Dit is reeds twee en ‘n half jaar sedert die vrystelling van sy trefferlied Groen Mamba en aanhangers gaan ‘n fees van keuse hê op die nuwe 17 track album. ‘n Duet met Dozi (“Die Oom song”) en ‘n asemrowende gestroopte toonsetting van die Antjie Krog gedig “Stasie”, is twee hoogtepunte, plus nog 15 ander liedjies wat wissel van temas oor die liefde en die lewe.
“Roer jou voete” sal beslis ‘n gevoel in jou onderlyf sit, terwyl “Emigreer” en “Pretoria blues” weer die heimwee in die hart sal sit. “Êrens in die Klein Karoo” is die die hartstogtelike lied wat Jak de Priester vir Tannie Anna (sy buurvrou in Vishoek – sy is 98 jaar oud) geskryf het. Die liedjie is alreeds sedert laasjaar in aanvraag, maar aanhangers gaan nou eers die geleentheid kry om dit huis toe te neem. “Spoor”, “Nes die weduwee se kruik” en “News Café” is sterk liefdesballades en “God se kind” ‘n dooplied vir sy seuntjie Jamie.
En dan is daar ook altyd ‘n bietjie rebellie in die liedjie “Padwoede” en aanhangers sal definitief kan assosieer met dié liedjie wag gaan oor spitsverkeer, taxi’s ens. In die konsert sal jy al die liedjies hoor met sy jong, funky musikante, getrou aan sy sy.
Jy kan op 8 Junie by Die Boer in Durbanville luister na dié stories en weet dan waar elkeen van die 17 nuwe liedjies vandaan kom.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.