Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer die Kersliggies brand, maar jou laaste bietjie geduld word steeds by die werk getoets. Dis tyd om te rus.
Jak de Priester bring sy “einde van die jaar” show om jou te herinner aan die goeie en die belangrike. Dis ‘n Kers vertoning, maar nie met net Kersfees musiek nie. Dit ook, maar ook sy eie nuwe lied of twee wat hy oor Kersfees geskryf het.
Dit is ‘n show met bekende treffers, maar ook ‘n paar nuwe songs en stories wat ons sal laat lag en dink. Sy “Groen Mamba” treffer het onlangs eers die lig gesien en mense sal dit ook aanskou in die vertoning (:-0).
Jak word begelei deur sy pianis Lucas Heinen en die vertoning beloof om jou in die regte vakansie en Kersfees luim te sit.
By Die Boer in Durbanville, 2 & 3 Desember.
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.