Kieslys

Close


*/

15 Mei
2018
Musiek
147 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Liefde by die dam 2018

Konsert en kuier gaan hand aan hand, en handjies vashou is mos Liefde.

Vanjaar vind die gewilde Liefde by die Dam op Sondag 5 Augustus 2018 plaas – weer by Emmarentia Dam, een van Suid-Afrika se mooiste konsert-tuine. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die pro-gram sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud;`n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met jou “besties.”

Sewe top SA kunstenaars deel vanjaar die Liefde by die Dam verhoog: Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, en Bouwer Bosch. Seremoniemeester Schalk Bezuidenhout gaan die program se verloop met ligte vermaak bymekaar hou.

Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Elvis Blue en Bouwer Bosch was die afgelope tyd gereeld in die nuus met nuwe uitreikings en radiotreffers en het al elk verskeie gesogte SA musiektoekennings losgeslaan. Voeg daarby een van ons land se mees invloedryke kunstenaars, die legendariese Koos Kombuis, asook die nuwe gesig van “Afro Folk”, Bongeziwe Mabandla, en Liefde by die Dam 2018 beloof om `n onvergeetlike konsert-ervaring te wees.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties sê Liefde by die dam is elke jaar baie spesiaal. “Bring jou mense en deel in die die liefde vir ons land en musiek. Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”

So in die gees van gee, wat dink die kunstenaars? Hoe kan mense nog meer liefde uitdeel?

“Mens moet jouself leer liefkry heel eerste. dan kan jy ander mense liefkry. Ons het grootgeword in ‘n kultuur waar ons van kleins af geleer is om onsself te ontken en misken, en skuldig te voel oor wie ons is.” – Koos Kombuis.

“Wees vriendelik met kelners, petroljoggies en inbelsentrum-operateurs. Dis dalk ‘n eenvoudige begin.” Elvis Blue.

“Soen die ou of die vrou langs jou.” Francois van Coke.

“Ek dink deur net verby iemand te loop en te glimlag maak klaar `n verskil.” Karlien van Jaarsveld.

Wees net nice. Dis so maklik soos dit. Dis minder moeite en lekkerder vir almal.” Schalk Bezuidenhout.

Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen! Kom deel in `n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Datum: 5 Augustus 2018
Tyd: 10VM – 6NM
Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg

Kaartjies by Computicket: http://bit.ly/LBDD2018Tkts

R165 Aanlyn / Kinders 12 jaar en jonger: R75 / Onder 3: Gratis.

Spesiale kaartjie aanbiedinge:
1. Beperkte aantal ‘Early Bird’ kaartjies vanaf 9 Mei: R95.
2. VIP kaartjies: R595 – sluit VIP ingang, spesiale sitplekke naby verhoog, gratis drankies en versnapperinge.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Afrique mon désir luistersessie, met Laurinda Hofmeyr | Roekeloos
2018-05-24 08:51:54
[…] Afrika my Verlange / Afrique mon désir produksie was onlangs by die Woordfees, Stel...
Indlulamthi (hulle wat hoër is as die bome) | Roekeloos
2018-05-17 13:15:08
[…] Xhosa – Afrikaans Woordeboek […]...
Pauline
2018-05-16 19:16:26
Waar kan ek oulike stukke soos die in Engels kry vir laerskool leerders?...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.