Kieslys

Close


*/

15 Maart
2018
Kuns & Ontwerp Musiek
1074 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Linden Mark 2018

Die Linden Mark, een van Suid-Afrika se top tien markte, is terug vir ’n volle jaar van pret en plesier in die Botaniese Tuine van Emmarentia, Johannesburg. Hulle skop die jaar af op Saterdag die 7de April wanneer die dae effens koeler en ’n klein bietjie meer oranje is.

Vanaf die kreatiewe handwerk en die kleurvolle klanke van die musikante, tot elke kok wat jou met hul kosvernuf bederf, verseker die herfsmark jou van ’n propvol program en ’n verskeidenheid plaaslike geure. Dit bly vir hulle belangrik om die gemeenskap en die kunstenaars aan mekaar voor te stel. Dus is hulle missie om talent te ondersteun, ambagtelike tradisies te bewaar, winkelsentrums met markte te vervang, en dit alles terwyl hulle die pragtige voorstad, Linden, waardeer.

Die program spog met splinternuwe inisiatiewe en heelwat ou bekendes. Haal diep asem, nooi jou vriende en begin jou dag met ’n deeglike streksessie in oggend joga. Stap saam met een van Date-a-Dog en Claw Welsynprojekte se klein lafbekkies en raak van voor af verlief. Wikkel jou heupe en geniet Suid-Afrika se uitstekende musiektalent. As die kinders jou bekommer – daar is ’n prettige kunshoekie vir die jongelinge om hul heeldag te vermaak sodat jy kommerloos aan ’n glasie MCC kan teug. Verskeie kunstenaar en illustreerders gaan met ’n kunswerk op ’n onkonvensionele doek die dag opkikker en bydrae tot die feesatmosfeer by die Mark in die Park.

Gepraat van, hulle jaar is reeds uitgelê. Maak seker jy merk die 7de April, 30ste Junie, 29ste September en die 1ste Desember in jou kalender af sodat jy nooit op een van die feestige Saterdae sal uitmis nie.

Besoek www.thelindenmarket.com vir meer inligting.

Ns. Onthou jou R20 vir hekgeld.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Kuns & Ontwerp, Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Kuns & Ontwerp, Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Kuns & Ontwerp, Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Kuns & Ontwerp, Musiek
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Kuns & Ontwerp, Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Afrique mon désir by die Fugard | Roekeloos
2018-09-16 08:49:06
[…] Afrique mon désir, kombineer Hofmeyr, bekend as ‘n meester van toonsettings, ...
Gedigte van Megan Samuels | Roekeloos
2018-09-15 08:58:58
[…] Digters […]...
Weer tyd vir Nommer 37 | Roekeloos
2018-09-09 08:32:35
[…] Nommer 37 is nou beskikbaar op DVD, Box Office en spog met splinternuwe musiekvideo deur L...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.