// jy lees ...

Kortliks

Lucas Maree & Mathys Roets

Hierdie twee befaamde kunstenaars het albei hulle loopbane begin deur in restaurante en kuierkroeë te sing. Vandaar hulle gewildheid as hulle saam optree en die gehoor op ’n nostalgiese reis neem met liedjies soos “Vincent”, “Leaving on a Jetplane” en o.a. liedjies van Cat Stevens. Dit is Lucas se heel eerste optrede by die Oude Libertas.

Lucas het sopas ’n nuwe CD Lankverwag die lig laat sien, met splinternuwe nommers soos Die afskeid, sy weergawe van Sias Reinecke se “Klein Karoo” en Koos du Plessis se “Kinders van die Wind”.

Mathys sal weer sy aanhangers met sy lieflike Roger Whittaker- en Leonard Cohen-liedjies vergas asook nuwe nommers soos “Hillside Lullaby” van Gert Vlok Nel en “Eva” van André Swiegers.

Sien die Roekeloos Dagboek vir meer besonderhede.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Grotman help Mathys Roets
  2. Mathys Roets is verlam
  3. Lucas en Kie
  4. Aan die Annerkant …
  5. Lankverwag

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site