Klein Karoo Klassique-gehore het die voorreg om ’n première-voorsmaak van die nuwe mis met ’n Suid-Afrikaanse invloed (soortgelyk aan die Kongolese en Latyns-Spaanse invloede van die Luba en die Criolla) eerste te beleef.

Dié projek, in opdrag van die Nasionale Afrikaanse Teater Inisiatief (NATi), word vir uitvoerings by verskeie feeste en teaters in 2019 ontwikkel onder die kreatiewe leiding van Marthinus Basson, met Antjie Krog wat die teks skryf en Antoni Schonken wat die musiek komponeer. Hierdie spesiale vertoning by die tiende Klein Karoo Klassique word aangebied as ’n demonstrasie-lesing as deel van die ontwikkelingsproses van die projek. Verskeie rolspelers aan die projek sal uittreksels uit die werk voorlees en voorsing, gevolg deur ’n gesprek met gehoordeelname. Kom wees deel van dié uitsonderlike geleentheid en kom maak musikale geskiedenis saam met ons.

Met: Antjie Krog en soliste van die Kaapstad-operakoor

Regisseur: Marthinus Basson

Komponis: Antoni Schonken

Misa
Genre: Opera
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R130
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: Donderdag | 9 Aug | 18h00

Klein Karoo Klassique 2018


Misa


Misa


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar