Die gewilde Jazz on the Rocks-fees in Tietiesbaai kry ’n eweknie in Mosselbaai vanaf 22 tot 25 Maart 2018.

Verskeie groot name in Suid-Afrikaanse musiek is reeds vir die eerste fees bevestig. Dit sluit onder andere in Judith Sephuma, PJ Powers, Alistair Izobell en The Rockets. Die volledige lys kunstenaars sal in Januarie 2018 bevestig word.

Kaartjiepryse sal wissel van R400 vir al vier dae tot R150 per dag. Pensionarisse en kinders onder 18 jaar betaal halfprys en kinders onder 12 jaar kan dit gratis bywoon.

Die fees vind plaas by die bekende De Bakke Santos-oord. Verblyf is slegs R2400 per nag (sonder BTW) vir ses persone vir die duur van die fees – so gou spring.

Don Veno Prins
Don Veno Prins

(foto: Nelly Prins)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. To whom it may concern

    Who is the right person to contact regarding submitting to perform at the music festival?

    Thanks

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar