Onherroeplik

Enigmatiese digter, skilder, sanger en kitaarspeler Gert Vlok Nel het 15 jaar gelede sy verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak met ‘n debuut digbundel, opgevolg deur ‘n debuut album wat sedertdien bykans Afrikana status verkry het.

Beaufort-Wes se Beautiful Woorde was ‘n grensverskuiwende opname wat ‘n aardskudding in die plaaslike musiekbedryf veroorsaak het en van Gert ‘n huishoudelike naam gemaak het, plaaslik sowel as in die Benelux-lande. Gert het sedertdien deur Suid-Afrika en Europa getoer en ‘n getroue, kultus-agtige groep volgelinge opgebou.

Nou, na veertien lang (en sommige sal selfs dalk sê maer) jare uit die kollig en die opname wêreld, keer Gert weer terug na die Suid-Afrikaanse musiektoneel met ‘n opvolg, die kragtige Onherroeplik.

Schalk Joubert, baskitaarspeler en komponis en goeie vriend van Gert het die produksie van hierdie buitengewone, meesleurende en volronde 10-snit album meesterlik behartig en Gert dalk weereens gevestig as ‘n werklik unieke kontemporêre stem.

Gert se onlangse terugkeer na die OppiKoppi-verhoog en gepaardgaande toer om die album bekend te stel, is inderdaad ‘n rede vir feesvier. Sommige mense dink Onherroeplik moet onmiddellik tot ‘n nasionale skat verklaar word!

onherroeplik
onherroeplik
Gert is 29 September by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch met sy nuwe liedjies. Kaartjies is R250 en die musiek begin 20h15.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply