Dit is vyf jaar na Rhye se bekroonde debuutalbum Woman. Die duo het nou gekrimp tot Mike Milosh wat op sy eentjie voorsanger en orkesleier is van ’n kollektiewe groep musikante.

Daar is egter kwalik ’n verskil tussen die nuwe Blood en die debuutalbum. Die tempo van die gedempte disco bas op die agtergrond is dalk ’n raps vinniger hier en daar, maar dit is steeds komplekse stemmingsmusiek wat grasieus uitgevoer word. Milosh se stem weereens delikaat, begelei die musiek moeiteloos.

Blood skuif dalk effens uit die alternatiewe R&B genre en sit meer knus in sophisto-pop, maar Rhye gee beslis nou die toon aan in hierdie genres.

Rhye – Blood


Rhye – Blood


Rhye – Blood


4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar