// jy lees ...

Kortliks

Rooiwynliefde

Bekroonde kabaretkunstenaar en Laureaathouer Helena Hettema tree vanjaar vir die eerste keer by die Kalfiefees op. Sy sing oorspronklike musiek sowel as romantiese gunstelinge uit haar dubbel CD The Spirit of Piaf and Other French Legends, en haar DVD Helena Hettema Alive, wat in 2011 vir ’n SAMA (SA Music Award) genomineer is. In hierdie diverse program neem Helena haar gehoor op ’n kontinentale reis en terug huis toe.

Gunsteling Franse kunstenaars se musiek soos Piaf en Brel, asook Charles Aznavour, Frida Boccara, Paolo Conte en Albinoni in Italiaans, word aangebied. Liedjies van haar nuwe album Rooiwynliefde wat in September uitgereik word, sal vir die eerste keer gehoor word.

Kalfiefees 2012

Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans, Engels, Frans
Datum: 8 Augustus
Tyd: 70 minute
Kaartjies: R80
Plek: De Wetsaal, Hermanus

Helena Hettema


Bespreking

Geen kommentaar vir “Rooiwynliefde”

Gee jou mening