Die Nederlandse sanger / digter, Stef Bos, kuier in Augustus by ‘n paar Bolandse dorpe.
Sy Kaapse draai sal ook sy eerste optrede in die hartjie van Kaapstad insluit.
“Ek bly nou al langer as ‘n jaar in Kaapstad en het nog nooit hier in die stad opgetree nie. Ek sien baie uit daarna om in die plek te speel wat my hart gesteel het” sĂȘ Bos.
Bos se vertoning gaan van sy ou gunstelinge, asook liedjies van sy eerste Afrikaanse album, Kloofstraat, en sy jongste albums In een ander licht en Demo’s Deel 05, 2011 insluit.
Optredes vind plaas by die volgende teaters:
6 Augustus – CP van der Merwesaal, Wellington, 082 812 1112
9 Augustus – Dorpstraatteater by Summerhill, Stellenbosch, 021 889 9158
10 Augustus – On Broadway, Langstraat 44, Kaapstad, 021 424 1194
12 Augustus – Saronsberg Landgoed, Tulbagh, 023 230 1782
13 Augustus – Dasjesdrift Teaterhuis, Heidelberg – Kaap, 084 444 9238
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.