Regstreekse CD-opname, met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce en die US Simfonie-orkes. Dirigent: maestro Corvin Matei.
Die flambojante sopraan Zanne Stapelberg, bekend vir haar omvangryke repertorium en sensuele optredes, neem met die oog op ’n CD ’n reeks konserte regstreeks op saam met die US Simfonie-orkes.
Zanne sing van haar geliefkoosde arias, soos Voi che sapete, O mamma, uit Cavalleria Rusticana deur Mascagni, O mio babbino caro uit Gianni Schicci deur Puccini en Milonga uit Maria de Buenos Aires deur Piazzolla, asook
enkele Afrikaanse liedere en ’n aantal duette saam met die geliefde mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce.
1 Maart 20:00 | 3 Maart 16:30 | Endler, Stellenbosch | 120 minute | R125, R90
Lewer kommentaar