// jy lees ...

Musiek

Voilà!

Begelei deur twee klassieke kitare neem Chris Chameleon gehore vanjaar op reis deur sy verbeeldingswêreld.

Namate die grense tussen die werklikheid en sy persoonlike ervaring van gebeure vervaag, ontaard dit in ’n soms proessnaakse, soms hartroerende konfrontasie met een van dié kunstenaar se grootste dilemmas: is dinge soos mense sê dit is, of soos hy dit self sien?

Gehore sal identifiseer met die wanorde in Chameleon se kunstenaarsgees en uiteindelik, soos hy, tot die gevolgtrekking kom dat daar ’n groot kunstenaar in ons elkeen skuil.

Met Chris Chameleon (sang en teks), Jonathan Crossley (verwerkings en kitaar) en Mr X (kitaar).

Aardklop 2009

Datums: 29 September 2009 – 10:00, 30 September 2009 – 18:00
Venue: Klipdrift Elgrosaal, Potchefstroom
Tydsduur: 60 min
Taal: Afrikaans / Engels
Regie: Chris Chameleon

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Chris Chameleon wen Kanna
  2. Driekuns
  3. Kyk hoe lyk ons nou
  4. Kanna-toekennings 2009
  5. ‘n Dawerende gejuig en ander prettighede

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site