Kieslys

Close


*/

04 Augustus
2017
Musiek
322 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Windhoek Oktoberfest 2017 by Hillcrest Quarry, Durbanville

Namibië Brouery bied vanjaar die tradisionele Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry in Durbanville oor `n hele naweek aan vanaf Vrydag tot Sondag. Verwag spesiaal gebroude Festbier, eg Duitse speletjies en kos. Daar is ook optredes deur die Duitse groep Kirchdorfer, wat direk van die Munich Oktoberfest vlieg om ook hier te kom optree. Vrydagaand is slegs vir groepe van 18 jaar en ouer terwyl Saterdag en Sondag oop is vir die hele gesin.

oktoberfest

Die opening van die biervat vind plaas op Vrydagaand 20 Oktober. Met die uitroep “O`zapft is!” word die eerste bier tradisioneel oorhandig aan die burgemeester wat dan verklaar dat die Oktoberfest amptelik ge-open is. Die Reinheitsgebot wat in 1516 ingestel is, verseker `n suiwerder, meer volmaakte bier, deur die beperking en regulering van die bestanddele wat in Bavariese bier-produksie gebruik kan word. Wat Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry ekstra spesiaal maak, is dat hierdie wet ook toegepas word met die brou van al die bier-soorte wat by die fees beskikbaar gaan wees. Daar is onder andere `n spesiale Festbier wat vir die Oktoberfest gebrou word deur die braumeister, Christian Muller.

Oktoberfest, die wêreld se grootste bierfees, word jaarliks in Munich, Duitsland gehou. Die eerste Oktoberfest het in die jaar 1810 plaasgevind ter ere van die Bavariese kroonprins Ludwig se huwelik met prinses Therese von Sachsen–Hildburghausen. Oor die eeue heen het dit gegroei tot een van die belangrikste tradisionele feeste in die Bavariese kultuur. Ander stede regoor die wêreld hou ook Oktoberfest-vieringe wat geskoei is op die oorspronklike Munich gebeurtenis. Hier in Suid-Afrika, sal een van die mooiste plekke in die Kaap, Hillcrest Quarry in Durbanville Wynland, gasheer speel vir die 2de amptelike Windhoek Oktoberfest in Kaapstad, aangebied deur Namibië Brouerye.

Tipies aan Oktoberfest gaan daar ook tradisionele speletjies op die program wees, onder andere “Stamm-sägen” (hout- saag); “Bierstemmen” (Bier oplig), “Hau den Lukas”, Nageln ensovoorts.
Hartlief, bekend vir sy hoë kwaliteit koue vleise, sal sorg vir heerlike tradisionele Duitse kos. Daar sal onder andere Weisswurst, Eisbein en Bratwust mit Sauerkraut op die spyskaart wees.
Kaartjies:

Bespreek by Computicket:
http://bit.ly/WindhoekOktoberfestCapeTown-mobi

Vrydagaand 20 Oktober 2017: Slegs vir besprekings van 8 persone: `n heerlike aand vir spanbou of groter groepe vriende wat saam wil kuier. Daar is twee pakket-opsies:

• Platinum pakket sluit `n 1LT bierbeker per persoon, `n allerlei bord met tradisionele vleis, kaas en brood en die diens van `n kelnerin vir die tafel in: R2 800.00
• Goue pakket sluit `n 1L bierbeker per persoon en die diens van `n kelnerin vir die tafel in: R2 000.00
• Geen onder 18`s word Vrydagaand toegelaat nie.

Kaartjies vir Saterdag 21 Oktober en Sondag 22 Oktober is R140 by Computicket en R160 by die hek. Kinders onder 18 betaal R120 en toegang is gratis vir kinders onder 12.

Kompetisie: As jy jou kaartjies deur Computicket bespreek staan jy outomaties `n kans om volgende jaar (2018) die Windhoek Oktoberfest in Namibië by te woon. Hierdie fantastiese prys sluit ook akkommodasie en vlugte in.

Die hekke maak Vrydag 18h00 oop / Saterdag 12h00 en Sondag 12h00.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

liza
2017-10-16 14:58:48
dit is asemrowend baie dank jy jou hart met ons deel. oneindig dankbaar om hieraan deel te kan he...
Gedigte van Emsa Haasbroek | Roekeloos
2017-10-13 08:09:43
[…] Digters […]...
Ryk Hattingh oorlede | Roekeloos
2017-10-10 14:56:38
[…] (Onlangs: Ryk Hattingh lees voor uit Huilboek) […]...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.