La Diva is ‘n nuwe musiekgroep in die reeds oorversadigde Afrikaanse mark. Met hulle oorspronklike musiek, ‘n gesofistikeerde mengsel van volwasse kontemporêre popmusiek en ‘n stewige dosis jazz, is hulle iets nuuts op ‘n musieklandskap waar dit haas onmoontlik geraak het om een groep van ‘n ander te onderskei.
La Diva se musiek is alles oorspronklik en gemaklik op die oor in Afrikaans en Engels. Daar is nie veel hiervan in Afrikaans nie, selfs die Engelse mark sal hulle musiek geniet.
Die Divas bestaan uit Nelmarie Naudé as hoofsanger, Karmi Marais op klavier en agtergrondstem en Marlé Jacobsz op dromme, perkussie en agtergrondstem. Hul debuutalbum, Like a feather is in 2008 uitgereik.
Hulle jongste produksie Wonderbra’s, Stiletto’s en al daai Jazz het goeie reaksie ontvang in Gauteng en by die ABSA KKNK. In hierdie vertoning verpersoonlik La Diva die moderne vrou: stylvol by die werk, moederlik by die huis, en trashy in die bed. Met hulle unieke kombinasie van verskillende musiekstyle weerspieël elkeen van die drie meisies verskillende fassette van dìe funky vrou wat almal wil wees of wil hê.
In Augustus toer die groep met dié produksie Oos- en Wes-Kaap toe. Dit sal hulle eerste keer wees in die Kaap en hulle is baie opgewonde. Die toer sal begin in Smithfield waarna hulle na Somerset-Oos, Grahamstad, Uitenhage, en Jeffreys Baai gaan toer. Daarna vat hulle koers na Oudtshoorn, George, Caledon, Stellenbosch, Durbanville, Kaapstad en uiteindelik Worcester waarna hulle terug sal keer Pretoria toe.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

La Diva
Related posts:



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.