Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Heelkunde

As laaste vlam versmoor
en pleit gehoor
kan ons verband
om wond verbind
en seer wegtoor
sodat roof kan afval
en weer healing vind
onder scar versteek.

- Luca Beyus 6 Maart 2003

Tussen in
Tussen wit en swart
Lê grys
Waar jy wegkruip.

Hoeveel gryse kan jy prysgee
tot jou middelpunt ingee?

Tussen jou witgroen rook
skilfer jou lae
totdat jou pretensies
kaal staan en jou beendere
in die wind verwaai.

Hoeveel keer sal jou seisoene
mekaar verdraai
tot lae afgeskil; jou in miljoene
stukkies niks laat rondraai.

- Luca Beyus 2 Maart 2003

Magma
Ons denke
moet magma word;
geduldig
en wetend wag
om deur spasies in menswees
met die woede en waansin van vulkaan
deur die gate wat die lewe nalaat
na die oppervlak te kan bars.

- Luca Beyus 28 Februarie 2003

Almal skrop rond
Weet jy wie jy is,
wanneer jy tevore
hier en daar en oral
was?

Almal skrop rond
soek antwoorde
in woorde misvorm,
gespoeg soos gal
stortreën val
en penetreer innerlike doolhowe.

Sit klappe op jou kyke
want soeke vir antwoorde laat duike.
Druk hande oor jou luister
want die universe se fluister
sal jou in die diepte van die duister agterlaat.
Sluit jou gedagtes agter tralies...

Beskerm jouself, want wie weet wat jy sal kry
as jy uitvind wie en wat jy regtig is.

- Luca Beyus 25 Februarie 2003


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner