Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Ouma

Ek onthou nog die aande
Met die familie.
In die sitkamer.
Die verhale, die musiek.

Al die grappe.
Al die lag.
Ek kon ure net sit,
Net luister.

Die brood en slappap
Ruik ek nog steeds.
Die liefde en geluk
Voel ek nogsteeds.

Ek sien ouma nog
Met die oop Bybel.
Ek sien ouma nog
op haar knieë

Ons speel nog kaart
Ek huil nog by haar.
Ons sit en gesels nog.
Ek eet nog my boontjie sop.

Ek speel nog
In haar rotstuin.
Ek kyk nog na haar
In haar groentetuin.

Ek hoor nog die wind
Deur die bome
Ek ruik nog die
Vars lug.

Ek hardloop nog weg
Vir die gaanse.
Ek speel nog skool, skool
Saam die jonges.

Ek speel nog
By die varkhokke.
Ek hiekel nog sterretjies
Vir die kersboom saam ouma.

Sien ouma is nog hier.
Altyd sal sy bly.
Ek maak my oë toe
En daar sit sy nog.

- CF Pienaar
1 April 2004


Alleen

Ek sit in stilte.
Ek sit op my eie.
Ek sit in donkerte.

Ek vra vrae sonder antwoorde.
Ek soek na vrede.
Ek smag na vreugde.

Ek dink alleen
Ek sig alleen.
Ek huil alleen.

Ek vra nog steeds.
Ek soek nog steeds
Ek smag nog steeds.

Ek is moeg vir stilte.
Ek wil nie alleen wees.
Ek wil daar buite wees.

Ek moet uit breek
Ek moet mens wees
Ek moet bestaan.

Ek wil vrede sien
Ek wil dit voel
Ek wil dit ervaar.

- CF Pienaar
10 Maart 2004


Koue nag

Erens in die donker nag
sit 'n kind alleen en koud.
Honger pyne in haar lyfie
Oogies wat dof uitstaar.

'n Hartjie gevoelloos,
net soos haar koue lyfie.
Lippies blou en 'n traan,
rol stadig oor die vuil gesiggie.

Handjie vuil en stukkend
Probeer die traan keer maar
Die armpie is te swak, te koud.
Erens diep binne haar breuk iets.

Sy sit styf in 'n hoekie
Weggesteek in die donker.
En erens hoor sy 'n kind,
'n kind wat roep.

Die kind wat alleen in die donker
op die bitter koue einde wag.
Niemand om sy hand te vat,
niemand wat omgee nie.

Dalk is sy volgende.
Haar hartjie klop vlou.
Haar magie honger.
Haar lewe 'n fyn lyntjie.

- CF Pienaar


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner