Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Verbrand

Millisekondes huiwer die vuur ...
- papierwoorde in houtvlamme -
Blitsig dan,
soos petrol, vat dit vlam
vernietig die siel,
die stryd,
maar lettergeraamtes hang in die as ...

Christel Botes

ongetiteld

Tik, tak, tik, tak ...
Sekondes, draf, verby
En iewers in 'n ver ver land ... :
'n skoot wat oorverdowend knal!
'n Bloedbevlekte lyf wat leweloos vooroor val.
'n Hart wat skeur,
'n roukreet vul die lug ...

Here,
hoeveel onreg moet nog kom?
Hoeveel haat
en hoeveel seer
voor ek, bekeer van hierdie loute in my
my hande uitsteek
en deel word van U salf?

Christel Botes

Ontsnapping

In die helse ontnugtering van my wêreld
word ek klein.
Kleiner as 'n mens.
Kleiner as 'n dier.
'n Baksteen of
spikkel teen die muur
en ek sit hier
vir sekondes ...
- of is dit dalk 'n uur? -

Dans met die maanlig,
gly op die wind
word deel van die heelal,
nêrens gebind ...

En tog moet ek terug,
af uit die muur ...
Voorgee,
die lewe verduur.

Christel Botes

Onthou

Sestig sekondes in elke minuut
en sestig minute in elke uur
Te lank gekerker, geketting, gebind
konkrete memento's verblind
en klad metafisiese bestaan
tot waansinnige gedrag en waan
Net ek
geheel en al ontbaan

Christel Botes

jou ander sy

Is dit jy wat onder blatante selfvoldaanheid skuil
en skugter jou verleentheid verbloem
as ek onverwags in teerheid handel,
- onkant betrap,
haastig jou kop wegdraai na die son?

Helaas, die glinstertraan
gaan nie ongesiens verby.
Ek sien jou seer,
jou ander sy.

Christel Botes

Augustusreën bring seën ...

Ek is geklee in my mooiste jas
om, verruklik getooi, by jou te pas.
Uitbundige spatsels kleur:
  pers, geel, oranje, pienk en wit
  en tussendeur die okervlekke van my klip
  nuwe groen,
  om te versoen
wat was,
wat is,
wat kom.
Daar's volheid in die veld se blom.

Christel Botes

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner