|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Op Kantoor
Agtuur is inkloktyd
Dieselfde ouens altyd laat
En vieruur sien jy hulle gaat
Vir hulle is die dag lank
Die lywe als behalwe slank,
Want peulsel kry die tyd om
Totdat die tyd vir tjila kom
Dit is die duur werkers
Hul telefoonrekening word gekleur met merkers
Internettyd is hoog
Maar selfs dit raak later ook droog
Die tyd word afgetel
Die stukkie werk wat hul wel
Soms kry
Word ure aan gewy
Ledigheid is die duiwel se oorkussing
Want wat volgende gebeur is
Om kollegas dop te hou
Dit laat jou soms lag in jou mou
Mense is darem snaaks
Party is bloot net haaks
Die groot vrou in die hoek
Sit elke middag na ete
En smul aan 'n stuk koek
Die gewigsprobleem dan skoon vergete
Die rekenaartegnikus
Is glad nie lus
Vir werk nie
Hy breek eerder geheime kodes
Steur hom duidelik nie aan die nuutste modes
Soms is die werk te veel
Dan word dit uitgedeel
Die wat dit moet klaarmaak
Het eenvoudig nie 'n saak
Hulle word te min betaal
Om hulself met spanning op te saal
Dan kry jy dies wat van vroeg
Al swoeg
En sweet
Hul prestasie word in uur gemeet
Dit is maklik om te sien
Dat hulle op elke kommittee dien
Soveel goeie ure word verwyl
Met werk wat wag so lank soos 'n myl
Het die werkesels dan nie 'n huis?
Is dit net datums wat in hul koppe suis?
Hul skeep hul gesinne af
Maak die vrouens saf
Met duur geskenke
Wat poog om die ongewensde denke
Te demp
Hul dink die lewe bestaan net uit sukses
Maar sny eintlik hul kele met 'n mes
Daar's soveel om te geniet
Waarvan hul hulself verbied
Pleks van ontspan
Gaan hulle dan
Huis toe met hope werk
En Sondae mis hulle kerk
Alles gaan oor meer en meer geld
En hul dink aan hulself as die held
Eintlik mis hul die hele doel
So deur die gewoel
Van die lewe: Geniet dit!
Want as jy eendag
Op die ouetehuis se stoep sit
En jy dink terug
Dan sal dit wees met 'n gesug
Die lewe het verbygesnel
Nou op jou oudag weet jy dit wel
Net jammer dis dan te laat
Geld is darem die wortel van alle kwaad!
- MC
Die Tenniswedstryd
Ons name word geroep
Die wedstryd is op baan vyf
Ek voel die spanning in my lyf
My kop draai
Boonop's daar 'n sterk wind wat waai
Eers vyf minute opwarm,
Daarna die opskiet van 'n munt
En toe die eerste punt
Dit is stroop-vyftien
Met die opponent wat dien
In 'n oogwink is die spel verby
Dit is nul-een
Met 'n gekners en 'n geween
Maak ek dit gelyk: een elk
Haar diene is soos 'n kanon
Al kyk sy reg in die son
Klap dit soos 'n skoot
En ek's die een wat dood
Die toeskouers juig
Terwyl ek aan my waterbottel suig
Ek sal haar moet keer
Want anders breek sy weer
Sy's moeilik om te stuit
En toe kramp my kuit
Eina!
Die eerste stel is hare
Mal gaan die skare
Nou 'n nuwe plan
Ek moet na die net gan
Net jammer ek kan 'n vlughou
So maklik verbrou
Drie-een agter
Nou slaan ek sagter
Toe's dit net foute
Sy raak benoute
Vir die eerste keer in die stel
Is ek voor met 'n spel
Vier-drie
Nou dien ek 'n barshou
Dis sy wat harde bene kou
Ek kan haar dien kan vat
Want sy's duidelik afgemat
Die tweede stel behoort aan my
Nou is dit sy
Wat op die stoel neerval
Haar ondersteuners braak gal
Toe's dit die finale
Vergete's al die kwale
My hart klop nou erg
Die stel lê voor soos 'n berg
Gou-gou is dit een-twee
My bene gee mee
Dit is so hitsig
Ek sy lyk nou bitsig
Ek moet konsentreer
As ek haar wil keer
My aftigter bal sy vuis
Terwyl bloed deur my are druis
Dit is ses-vyf vir my
Ek dien vir die wedstryd
Die volgende bal hop wyd
En toe 'n kishou
Dertig-veertig
Ek gaan dit nie verloor
Al moet ek myself daarvoor moor
Haar bal is in die net
Wat kan ek jou wed -
My voordeel!
Wedstrydpunt.
Die eerste dien is lank
Die tweede effe mank
Haar terughou teen die band
Met die bal wat hop aan haar kant
Ek spring in die lug van vreugde
Wat afbetaal het is my deugde
Met die wen-gevoel
Het ek geslaag in my doel
- MC
Vakansie op Betty's Baai
Een vakansie wat ek nooit sal vergeet
Die genot daarvan kon ek nie meet
Aan my sy
Was daardie geliefde van my
Op Colesberg oornag
Vroeg weggetrek die volgende dag
Die Kaap het 'n unieke bekoring
Wens soms dit was my woning
By Betty's baai aangeland
Die plek met die mooi wit sand
Fynbos eie aan daardie deel
Met blommetjies soet en geel
Die groot branders raas
'n Visserman sit aan sy aas
Die wind stil, die son skyn
In die verte lê die hoë wit duin
Deur die strate loop ons hand aan hand
Beskou die huisies van elke kant
In die oggend is die dorpie mistig
Om daar te bly lyk so rustig
In die aand moeg en uitgeput
Dis dan wat ons so lekker dut
Ons kuier en braai vleis
Vêr hoor ons die see se gedruis
Die terugkeer hartseer
Veral met die goeie weer
Hoop ek kry weer op 'n dag die kans
Om in Betty's baai se vlak branders te gaan dans
- MC
|