Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

www.mytafel.com

my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers

ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk

Susann Deysel

Klein gode

klein gode
in ons magtige tegnologiese koninkryk

heeldag met vingers en oë
vasgenael
in silikoonwêreldtjie

kommunikeer met medegode
deur druk van knoppie
gesigloos, gesigloos ken ons mekaar

klein gode
in ons oorvol tegnologiese koninkryk.

Susann Deysel

marionet in jou hande

staan ek aan my toutjies
reg om te dans op elke beweging van jou hande

elke dag laat jy my aan die toutjies dans
tot eendag dat jy my hoog op die kas gegooi
en vergeet

te lank was ek jou toutjiepop
noudat die toue gebreek,
kan ek nie op my eie dans

nou's ek 'n marionet
in die hande van my emosies

Susann Deysel

vlekvry

is ons al so vlekvry
dat trane maar net nog ´n verskynsel is?
is ons al so vlekvry
dat ons enige bande net kan breek?

is ons al so vlekvry
dat sonstrale net oor EK moet val?
is ons al so vlekvry
dat tyd net om Ek kan draai?

Susann Deysel

in die Stilte vang Visse mense

... as dit so stil is
voel dit asof ek op ´n rots
in die middel van ´n onstuimige see sit,

sout , eet my oë
en water, wil my meermin maak...

al wat my bo hou,
is vrees vir die ewigdurende stilte,
die donker isolasie

´n pêrelskulp omboei my hart.
so, keer ek terug na vasteland.

vasteland wil nog troos
skulp wegwring,
maar ampervis is nie meer heelmens...
gril vir warm troos
swem eerder in donker poel

...as dit so stil word,
verlang ampervis om weer heelmens te wees!

- Susann Deysel


soos ´n Modjadjipalm

soos ´n Modjajipalm troon sy majestueus.
´n Bosreus.
´n See van takke wat uitreik
´n Hand vol liefde in elke aanraking of gebaar
- net vir jou!

soms lyk sy skurf en vol dorings,
maar binne, lewe sy, groei sy
- net vir jou!

anderkere word sy rondgeswaai in die wind,
maar sy is verdraagsaam
en bly staan.

Wanneer die son fel neerpyn,
is sy ´n sonsambreel.
en as ´n warm traan neerplof
vee sy teer oor ´n sproetgesig

Soveel omgee is in haar
Dat sy ´n lang lewe streef.
Deur dor of oorvloed jare
staan sy by ´n jong Modjadji

- Susann Deysel


VlinderVrouKind

Ek kan weer vlieg!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

Ek is weer kind!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

Ek, enkelvrou!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

- Susann Deysel


die wens buite by die boompie

ek los ´n liggie in my venster
sodat jy kan sien ek´s tuis
en jy ook die pad na my kan kry

ek los ´n klokkie by die voordeur
sodat jy kan sê jy´s terug
en my kan wakker lui

ek los my wens by die boompie buite
dit sal saam jou inkom.

- Susann Deysel


www.mytafel.com

my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers

ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk

- Susann Deysel


Kralestring

vir RK

kraal vir kraal
ryg ek jou in

pynkrale, verlangekrale,
begeertekrale, hartskrale,
wens-ek-vergeetkrale

glip ´n skeidingskraal tussenin,

ek-verlangkrale,
staak-om-my-te-belkrale

hierdie string kan ek net nie neersit!

- Susann Deysel


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner