Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Die Bangeit

Jy's bang vir so baie goed
Jy's bang vir my
Jy's bang vir jou
Ek wonder soms of jy ooit bang is

Dis maklik om te sê
Ek's bang
En daarby soveel kak te sê
Dat dit ok is om dit te sê

En soveel kere te laat blyk
Na sere siel van uittog
Dat dit ok is
Is dit ok?

Want dis nie vir my ok
Dit lyk vir my
Of jy
My wil vermy

En dan dit sê
Net om dit te sê
Om my te laat gaan
En dan is alles ok

Vir jou

Maar nie vir my nie
Want ek het gesê wat ek wou sê
En ek't bedoel wat ek gesê het
Maar jy vang my in jou net

So maklik is dit nie
Ek kan nie ontsê
Wat ek gesê het nie
En sou ook nie

Al wou ek ook

- Ras Dok


Balsem my

Omdat jy my veters losgemaak het, skryf ek net vir jou.

Jy wat met my perde geboer het
Jy wat my laat agteruit boer het
Vir jou skryf ek altyd net.

It seems your face will never leave me, times change as clockwork tingle, but your face will never leave me.

Wanneer die son my plathand tussen die blaaie slaan
Byt ek die neute van jou asem oop en vou daarmee origami
Ek skat jy woel met die golwe van jou hare
tussen anner manne se riete en dit pla my g'n niks

Nothing can touch me; I've cleaved far enough into the jungle of ignorance, my darling. Your countenance seems like stones from a far-off place.grooved and set and grey with distance.

Moenie my swaar bome klim nie! My denne is nie meer vir jou nie.
Jou dun enkels buig my boomtoppe grond toe met danse,
Jy gly soos 'n vethandjie deur my haarwortels
Moenie, ek kry jou nie onder nie.

I've traveled from here to there from everywhere and you're gone. I left you behind. Good riddance and all that. You are standing in my shadow, my shadow. Not my finest hour I should say, or nay? I have fought you in bushes by the sea, in nightclubs, in street gangs and prophets' podiums. I won, I left you. I left you. You never left me..

Ek het jou vermoor my skat. Ek het jou gepyl met 'n jagboog in jou hartsings.
Ek het jou weggedra en sag neergele voor ek jou begrawe het.
Ek het jou toegegooi met strooi en gruis, sodat jy kan natre&ueml;n as jy wil
Maar ek het nie gehuil nie, want ek kon nie meer nie.
En "Die duiwe rinkink op 'n vars boep grond"

There was no sadness at your funeral. I was the only one there. I wasn't sad. I was broken. Isn't that what you wanted my darling?

- Ras Dok


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner