Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Verstaan ons net!

Jare se bywoon van grusame tonele,
is die voorland van soveel nuwe SAPD lede.
Blootstelling aan intimidasie, vrees, selfs viktimisasie,
en dit, beslis nie bloot vir die soeke na sensasie.

PAGAD, moorde, ontsettings, kapings, gyselaarsdrama
dra by tot lede se negatiewe karma.
Voeg by dié suksesresep om te misluk,
lae salarisse, geen bevordering, en hoë lading werksdruk.

Lae moraal, min of geen Bestuursetiek,
niks anders as 'n bende, 'n rang belaaide kliek.
Bring die misdaad, dit kan ons hanteer,
dit is egter julle wat ons siel en mens wees verteer.

Soveel ure oortyd aan die Diens,
elke keer moontlik die laaste totsiens.
Met nabetragting so nutteloos.
Soveel tyd verloor saam met my ega en my kroos.

Van jou personeel kan jy sê wat jy wil,
as ons dit doen, bring te mee, 'n helse geskil.
Stasiekommissaris en kie wat glo ons wil hul ondermyn,
en al wat ons vra, is één Diens, en samesyn.

Elke dag 'n warm "bullet proof" aantrek,
om my gemeenskap te dien, vir hul te werk.
Dan sê die prediker ook nog, stres is van die duiwel!
Nie eens hul verstaan ons seer, vrees ons twyfel.

Boek nou net afsiek, vir al hierdie wandade,
dan begin die Organisasie met al sy rade.
SAP 114's, SAP 57, mediese evaluasie, doktersverslag,
en dokters wat al die pad, bank toe lag.

Agteraf word ons "swakheid" deur Bestuur afgekraak,
wat dit aan ons selfbeeld doen, maak nie vir julle saak!
Soos lang naels krap op 'n swart skoolbord,
het jul gekrap aan my gemoed, geword.

Verstaan julle regtig hoe ons voel,
is daar werklik met al dié goed 'n doel?
Waarom, ten spyte van vragte medikasie, voel ek nie beter,
maar raak my hart en gemoed net al hoe seerder?

Om selfmoord te voorkom, word my vuurwapen ingeboek,
maar my gees is reeds geknak, 'n manier sal ek soek!
Besef jul hoe my familie sukkel om my las te dra?
Sien tog net beter om na ons, dit is al wat ons vra !

Al die jare, was dié man / vrou in blou, aan jul getrou,
maar ek glo, die dag van my dood, sal julle nie eers oor my rou!
Kyk en ervaar my eggenoot en kinders se intense seer,
maak oop jul hart, dat dit iets van omgee kan leer.

Verstaan jul werklik hoe ons op grondvlak voel,
dit, is die boodskap van die gedig, sy doel.
Vir jul klink dit dalk na galbraak,
selfs moontlik na haatspraak !
Besef egter, agter die harde, uiterlike fasade, is ons mens.
Verstaan ons net, dit is al wat ons bid en wens.
VERSTAAN ONS!!

- Hanli Mostert

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner