|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Ek kyk ...
Ek kyk met nuwe oë
Na die krake in my mondering
Na die voete val van my sogenaamde lewe
Na my uiterste aardse strewe
Ek kyk met harde oë
Na my uitbundige droomwêreld
Na my hoop en wag vir harts-vrede
Na my rondgeskommelde binnegoed
Ek kyk met skaam oë
Na my vertoë waar ek moes lewe
Na my miskyk van geleent
Na my hartsnik oor verlore
Ek kyk met wonder oë
Na my onvermoeë om te handel
Na die onseker mens wat ek is
Na die juk wat ek dra
Ek kyk met hartseer oë
Na lewe om my
Na mense om my
Na 'n wete in my
Ek kyk met spieël oë
Na die wonderwerk aarde
Na die voorbodes gegewe
Na my soeke steeds
Ek kyk na jou
Ek staan verwonderd
Ek voel een
En ek soek myself
© Heve
My hartseer vriend
Sag speel die woorde wat sy praat
in die diepte van my wese
my hartseer wel vergestald in haar
die vrede wat dit gee
maar ook die seer
ek maak seer,
kry ook seer
met hartsvergeef
wat my in trane doop
peul die skille van my oë
deur woorde toereikend
met passie en opregheid
onsprekend geuiter!
Ek vra myself
staan ek verdiend vir die gawe
kan ek spieël wat gegee is
my wese is
ek kan en sal
My hartseer vriend
jou pyne is myne
verstaan ek . . . ?
ek voel wel
genoeg om te weet
verstaan is nie nodig
soms tog
My hartseer lewe
is deel van jou
met sag hande
kan jy my pyn hart
vashou
en hoed
dat dit breek
jou sag hande
het 'n ewigheid
deel in my hart
jou wonder manier
vorm my seer-traan
in vreug-traan
Ek is ek
Kyk in my spieël
en sien jy is daar
verewig, altyd!
- Heve
|