Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Kokkewyntjiebos

Twee kamers
Een stuk gang
Myle tussen ons

Ry terug met die 1ê wiel
Kom terug met die 1ê paar skoene
Loop terug tot by my hart
En wag in die kokkewyntjiebos
Die uile sal jou die pad wys

Word stil en hoor die
Rustige opgewonde
Asemhaling

Juanita Hugo

15/02/2007

skemerdans

lig my op
tot aan die voet
van die melkweg
raak saam my
aan die vingers
van die maan
reis hand aan hand
deur die padkaart
van ons drome
bere ons spore
in die ewigheid
van die sand
raak aan my siel
met die sagte intensheid
van jou hande
koel my verlangende
liggaam af
met 'n druppel
van jou heilige water

en dan ...

kom ons dans,
in die skemer, stadig ...
op die ritme
van jou hartklop ...

Juanita Hugo

05/01/2007

honderd jaar

(Vir Shine)

Vir 'n oomblik weer vyftien
tussen tien en twintig
Met kinderoë wat sien
'n kinderlyf, ligvoetig

Lyflewe is wonderlik
Met nog 'n honderd jaar oor ...
Lewe lyf, kinderlik

Ses en twintig getooi in wit
Ewige beloftes van eendag
Kortstondig, 'n demonstrasie rit
Eendag sal maar weer moet wag

Lyflewe is goed
Met nog 'n honderd jaar oor ...
Lewe lyf, vol moed

Drie-en-dertig, vaderlik, moederlik
Wag, wag eendag kom
Kortstondig die terugblik
Vooruit na my eengodedom

Lyflewe is wonderlik
Met nog 'n honderd jaar oor ...
Lewe lyf, vol moed

Juanita Hugo

05/01/2007

My wens vir jou

Wens ek kon jou vashou
Jou hartseer bekommernis teen my hart druk
Jou die wereld gee
.. net soos jy verdien

wind onder jou arendsvlerke
die horison oneindig.
geluk onmeetbaar
liefde ondenkbaar
geloof onstuitbaar

maar vir nou
kan ek net sê
ek het jou lief

.vir altyd

- Juanita Hugo
25 Augustus 2004


ongetiteld

(vir Babes)

Die kriewel in my lyf
Die lekker van die lekkerkry
Die hammer van my hartklop
Die lewe in my siel

Dis die lekker liefde saam jou.

- Juanita Hugo
24 Augustus 2004


Wondermens

. wonder wat jou lyf sê
. wonder wat jou kop praat
. wonder wat jou hart sing
. wonder wat jou siel skree

wonder of jy weet
die drie honderd duisend
kere van vergewe
die ses miljoen
trane van hartseer.

maar nogsteeds

wonder of jy weet
hoe die liefde werk
tussen my en jou..

Vir jou.

- Juanita Hugo
24 Augustus 2004


Haweloos

(vir Riaan)

Die winde van my bestaan
Ruk my
Gooi my
Maal my
Slaan my teen die rotse
. dis seer

My anker is weg
Met sy eie boot
Op sy eie see

Ek was te lank en te alleen
Alleen

Wil gaan anker in my hawe
Saam jou
Met jou boot
Op jou see.

- Juanita Hugo
5 Augustus 2004


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner