Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Hulpeloos

Jy val soos manna uit die hemel,
in my oop mond in.
Soos 'n skoenlapper hou jy my gedagtes gevange hoop ek om nooit my vlerke te skroei
in die vlam van jou persoonlikheid nie.

Ongekunsteld sit ek dus nou en dagdroom.

Voel ek soos 'n goudmyn, half onwillig ontgin,
wil ek telkens wegskram en vlug.
Jy is 'n magnetiese krag van 'n ander pool, so 'n heerlikheid,
'n druppel dou in die mond van 'n woestyn blom.

En ek, die siel uit die boom van kennis,
van goed en kwaad,
probeer die lewe met een oog opslag verstaan.

Ek word half oopmond ontnugter en sluk teen die blou wat dreig om my hele wese oor te neem.

Op 'n vreemde manier wou ek net weet waarom ek skielik so gelukkig is, tevrede.
Amper soos 'n baba kat in die winter,
opgekrul voor 'n gloed van vuur.
Sal ek my oë toemaak en verder wegraak in die grys van elke wolk.
Die sag van elke druppel en die pronk van elke brander.
Nou's ek magteloos,
oorwonne,
maar met 'n stille aanvaarding,
asof dit van altyd af so moes wees.

Vry oor die blou is ek los soos die wind,
hoog in die blink van elke ster word ek die enigste hemelgodin en plaas ek 'n reënboog kroon om jou
hoof ... jy glans in my en ek is

hulpeloos.

Yvonne Hutley

ongetiteld

Mense praat om mekaar, verby mekaar
terwyl ek soos 'n gevangene tussen hulle vassit
In my kop skree die protes, smeek ek vir stilte
en word die chaos 'n oorlog en 'n vegtende laer.
Dis onmoontlik om die vrede te bewaar
met twee koppe wat mekaar ignoreer
Die aanval is persoonlik en niemand gespaar
die punt verlore, die oorlog wragtag banaal

Ek skree op die top van my stem, kliphard,
maar niemand hoor - die witvlag verbrand.
Familie dryf uitmekaar en die ore speel doof
terwyl ek 'n bier drink en spannend wag.
Los my net hieruit, want ek speel nie saam
ek word ontsteld en julle gaan net aan
dinge ruk handuit terwyl die wereld vergaan
dis 'n malligheid - ons het oorlog stilstand vir die aand.

Hoekom luister niemand meer na woorde nie?
Dit beteken niks en die rede vir oorlog is irrellevant.
dit begin in die kindertyd en ons sien nie
die afdraende pad is nou met woede vervang.
My lewe is te kort om nog hieroor te skryf,
my siel sal ontstuimig in my lyf ronddryf.
Tot iemand besluit dis tyd vir beter dinge
of ander se wonde met arseen invryf.

Yvonne Hutley

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner