Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Ouetehuis toe

Ons ouerhuis, ons kinderparadys, is weg; finaal verloor -
Die gewels, die feëtjietuin, die werfmuur voor

Die kraak van eeu-oue balke, gedruis van reën op die sink
Gejil van kinderstemme, feesmaaltye, die lawwe tienerrinkink
en teeskink onder die magnolia - als het somaar verdwyn, is weggeruk
deur meedoënlose ouderdomsvrese net ingesluk

Luilekker gesels voor die kaggel vanuit 'n log leunstoel
Word beknopte besoekies in 'n plek vir skaars twee bedoel
Die troetel van plante, viooltjie-, vygie- en songenot
is vervang met hol gange, trapskagte, en hysbakbeknop.

Die duiwegekoer en windfluistering deur die denne
is nou dreunende motorverkeer, skreeuende remme
Die kindergetuimel, hondekerjakker, gesellige braaivleisvuur
verruil met stamelende looprame, die geregimenteerde etensuur

Die stryd en segepraal, die lewe se vreugdes en geswoeg
vir altyd gestuit deur die reputasie van 'n siekeboeg
Dis die progressie : huis   paleis   pondok/oumenshok
Die spel skaakmat. Net nog die laaste skuif : kerkhof.

Die lewe is 'n gestadige dood, een lang afskeid van wat dierbaar was
Wat oorbly? Heimwee   verlies   ínpas   áánpas
Ek weet nou : die wysheid van die grysheid en die silwer kroon
Word so op 'n wreedaardige wyse beloon

Ivonne Coetzee

Ivonne Coetzee

Ivonne Coetzee

Paradoks

('n ode aan Christoph)

sewentien sexy slaggereed
hy run die kinderkrans
 en laat die kleintjies bid
run sy 250 yammy bike
  -meet moed meet spoed
laat so sy mammie bid
  gejelde kwasi neo-nazi
getroue NG-kategeet
  aanbid die pc-eenooggod
op die altaar in sy kamer
  perfek gemaster en geslave
gesange van gigabytes
  en offers van RAM
neergebuig in tyd en geld
  voor boom van alle kennis
van goed uit die eter genet
en kwaad diablo kuberpret

suffer sy hell-holeskool
tegnies eenslagtig aggressief gerat
neerslagtig natgeskei algebra nag
wel elektronika en ekspo goud
pes poësie loop Kringe om die Bos
  maar is Lord van die Rings
swyg smarte secrets stom
  tog toastmaster hy perfek
lag vir push ups en gym
  Strike dit liewer Lucky
met Camels 10 'n dag
en 'n 1000 Rand se CATs
en designer jeans oppie mat
  en boxers skoolbroeke
nat handdoeke MADs
  rekenaargeraamtes & body parts
bekyk deur wulpse terte
  wat teen sy mure pruil
of oor sy selfoon huil

my paradoks
my tienerseun
my als

Ivonne Coetzee

Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner